Thursday, October 18, 2007
Ons dink baie goed, man!
Ek en die Wench het ander dag stry gekry na sy beweer het mans het net drie dinge op die brein; seks, rugby en kos (ja, daai ou cliché).
Hiervolgens dus my argument wat die teenoorgestelde sal bewys, gebaseer op feitlike gebeure, regte mense en objektiewe opmerkings.
Maandag, 18 Oktober 2007
Wench maak my wakker met koffie in die bed. Dis 05:45.
Ek drink my koffie. Dis lekker, en kry ook gisteraand se bier smaak uit my mond uit (Rugby World Cup 2007).
Right. Dit gedoen staan ek op en suiker toilet toe om die groot en betroubare Frik te ontwater. Het fokkol lus vir werk nie, dink ek die hele vier minute wat ek daar staan.
Okay dan.
So deur die loop van al die takies wat verrig moet word oggende besluit ek en die Wench om meisie by die kleuterskool te gaan aflaai, terug huis toe te kom en die dag sommer rustig daar te spandeer, want ons verdien ‘n rus.
So toe gaan laai ons Meisie af, kom terug en Wench laat sommer dadelik haar klere waai…..om te gaan bad.
Ok, reken ek toe. Nie nodig om dit negatief op te vat nie.
Gaan maak maar nog koffie. Terug in die kamer sien ek Wench is besig om haar hare te blow waive. Steeds naked.
Oraait, fluister ek saggies in Frik se rigting, vanoggend gaan dinge gebeur my ou (groot) maat!
‘n Rukkie later vind ons my in die TV kamer besig om guitar te speel in die tune van daai Kentucky advertensie theme song. Wench kom naked ingeloop, en ek verwag ‘n winkie van die oog en ‘n waggel van haar lekker boudjies om haar terug kamer toe te volg.
Sy beduie egter dat sy nog koffie soek. Met haar mond. Sy draai om en said lekker boudjies terg my al die pad in die gang af. Frik laat sy enorme kop weer sak.
Ek vat die koffie en in die kamer gekom lê Wench bene en kwak en alles in die lug besig om room te smeer. Frik stamp amper die koffie uit my hand uit toe hy dit gewaar, maar behalwe vir die Wench wat naked op haar rug lê, kry ek geen indikasie dat sy meer intiem wil verkeer nie, soos bv. dat ek ook naked raak en bo-op haar op my rug gaan lê, maar op my maag.
Dis toe ek my mond oop maak om so ietsie voor te stel, dat ek onthou ek het die vorige dag Medal of Honour: Airborne gekoop, dat ek dit nie vêr kon speel nie want rugby was aan en dat ek die hele dag voor my het om dit in vrede te speel nie. Daar was ook nog bier in die yskas.
Ek was nie eens kwaad toe die Wench my later meedeel dat sy haar hare gesny het vir R350 nie.
Sien? Ons dink nie net altyd aan drie goed nie.
Wednesday, October 10, 2007
'n Flou Interview
Ek: Hello Nicholas, en dankie dat jy my join vir die interview, en dat ons vir die 3 of wat lesers van Fokkengatvol ‘n bietjie meer van jou kan leer.
Nic: Hey! Dankie man. Dis soos in so fokken kewl om ge-interview te word, check?
Ek: Right. So my eerste vraag: Hoekom is jy so fokken vet?
Nic: Mmmm, ek dink nie daaraan as vet nie, meer as ‘n ronde en gesonde belegging, sien?
Ek: Ek sien. Nee wag, ek doen nie. Hoekom ‘n belegging?
Nic: Want daar’s hierdie vroumense wat actually my songs like. En hulle hou van ronde, harde tipe manne wat ook gemaklik sal voel om in platform bootsies rond te trippel indien en wanneer nodig, ok? So dis hoekom.
Ek: Ok dan. Volgende: Wat de fok beteken daai song se lirieke nou eintlik?
Nic: Watse song?
Ek: Daai ander een man, waar jy maaaija meeee, maaaaija maaa! sing.
Nic: Oooo, jy bedoel: Net die een vir jou, daai een?
Ek: Ja. Fok. Whatever.
Nic: Ok, ok. Check, dis soos die: Ek weet self nie lekker wat die lirieke beteken nie, right? Ek’t dit gesteel uit so ander Italiaanse liedjie en toe reken ek vir myself maaaija meeee, maaaaija maaa! klink baie soos naai haar hieeer, naai haar daaaar en toe steel ek dit. Want dit klink soos ‘naai’!!! HAHAHAHAHA!!!! [giggel onbeheerlik]
Ek: So om op te som is jy ‘n dikgat dief met olierige hare wat gemaklik voel om op platform bootsies rond te trippel?
Nic: Mmmmm, laat ek dink…..
…..
…..
…..
Nic: Ja! Jy’s reg!!
Ek: Ok. Ek het nie regtig ‘n interview met jou gehad nie, en ek is eintlik besig om met my self te chat sodat ek jou naam kan gat maak omdat die Wench hou van jou, nê?
Nic: Dis reg, maar ek dink dis cool dat jy maak asof jy die interview gehad het. Jy’s so fokken cool en ek lees elke aand jou blog, oor en oor! Jy’s soos in my fokken hero, dude! Jy EN Patricia!
Ek: Dankie. Voordat jy fokkof, wil ek net weet: Daai aand toe die Wench jou show gaan kyk het en na die tyd op jou skoot gesit het, het jy aan haar ass gevat?
Nic: Fokken no WAYS my ou! Ek’s te fokken bang vir jou! Ek weet mos jy sal my olierige kop met ‘n flick van jou super groot dick soos ‘n coke blikkie onder ‘n stoom roller vergruis! Ek ontken dit ten sterkste! Ek het nog net aan Patricia en my ma se assess in my hele lewe gevat, ok? Moenie my bliksem nie, ASSEBLIEF!!
Ek: Okay, ek sal nie. Fokkof nou.
Nic: Dankie Fokkengatvol! [giggel soos ‘n skoolmeisie en fokkof].
Tuesday, September 18, 2007
Fokken Vark.
Toe steek ek sy smug ass in die keel met my jagmes, smeer sy bloed teen die mure en pis op sy kop.
Werk suig. Iemand wat beweer dis lekker om te werk moet summier geskiet word want hy lieg. Hy is ook 'n goodie-tooshoo pispot wat hou van lang stappe onder die maan. Dom doos. Sy ma moes hom eerder abort het nadat die donkie haar pregnant gepomp het op die stel van "Ass Shagging 10".
Hou van werk hê? Dê, hier's vir jou 'n groot bol van "ek gee nie 'n fok om nie so vrek jou stuk kak" hier in my sak, okay?
Hoe kan dit lekkerder wees om te werk as om by Teazers te sit met 'n skoot vol tiet in jou gesig?
Hoe kan nog 'n fucked up en useless vergadering lekkerder wees as 'n braai met baie bier en bitches?
Dis reg. Dit fokken is nie so fokkof en vrek, Trekkie.
Maar my eintlike vraag is:
Wat is beter as hoendervleis; skaap of spek?
Ek stem spek.
Wednesday, September 5, 2007
SokkerBallas
Okay dan.
Meisie slaap maar langs my op ons bed in die aande. Gisteraand vir die eerste keer, nog three to go.
Ek reken dit moet 'n peuter-game wees om jou pa so veel keer as moontlik gedurende die aand te skop. Geen plek waar haar voetjies bykom word gespare nie.
Rug, maag, ballas, boude, et al. Been there and got the shit kicked out of it.
Ek is ook seker sy sit deur die dag by die kleuterskool en brag in daai sinister peuter taal van hulle hoe sy haar pa moertoe geskop het die vorige aand. Dan sit sy en haar trawante en lag gevolglik baie lekker, stowwerige snot streep wangetjies wat bult van evil laughter voor hulle ingeroep word klas toe vir 'n mooi storie en nap time.
Okay dan.
Ek het haar favourite spoeg doek weggesteek vanoggend voor ek by die huis uit is.
Wie's nou die bitch, Wench jr.?
Once.
Tuesday, August 7, 2007
Amandla! Viva! Fok jou!
Hoekom?
Want die bliksems strike alweer daar buite in die straat. Hulle soek meer geld, al is daar nie meer geld nie.
1 + 1 = Hau!
Fokken simpel bastards.
Ek dink goetters
Sy stem in om moerse lekker lesbian threesomes te try omdat sy cool is en lief is vir haar man.
My vrou is nie onmenslik cool nie.
Hoe jy weet jou man is onmenslik fokken cool:
Hy stem in om moerse lekker lesbian threesomes te try omdat hy cool is en lief is vir sy vrou.
Ek is 'n onmenslike fokken cool man.
*sug*
Friday, July 13, 2007
Cher(ing) Chewbacca!
Hy's redelik lank. Die gevolglike resultaat is dat hy soos Chewbacca van Star Wars faam lyk. Behalwe dat Chewbacca meer hare bo op sy kop gehad het.
Die vriend se bynaam is gevolglik Chewie.
Chewie het een oggend by die werk besluit hy wil voel hoe voel dit om gay te wees, want sy seks lewe het effe agteruit geloop a.g.v. die reeds genoemde kaal patch op sy kop. Of so het hy geglo. Ek vermoed dis omdat hy soos Chewbacca lyk, maar ek't niks gesê nie. Want selfs lelike ouens het gevoelens.
Toe besluit Chewie om 'n vir 'n hele uur gay te wees.
Hy's soms snaaks op daai manier.
Mind you, ek het niks teen gays nie, behalwe dat hulle mekaar se totties suig en in die poeppers doen, wat pretty disgusting is. But live and let live, right?
Ja.
Wat egter die seerste maak is dat Chewie nie een keer gedurende daai uur; en ons het baie gaan rook en praat oor sy gayness, en sy gevoelens nou dat hy gay is; 'n move op my probeer trek het nie.
Ek weet nou dat hy nie meer gay is nie praat ons nie meer oor ons gevoelens en goed nie, soos regte manne, maar:
Is daar iets fout met my?Is dit my ligte bierpens?
My gwarrygat-groen-soos-wanneer-jy-te-veel-spenasie-geëet-het-die-vorige-aand-groen-en-bruin oë?
Ek was, soos jul self kan dink, redelik dejected.
Ons is steeds vriende, nou dat hy nie meer gay is nie, maar die pyn sal altyd by my bly...
...totdat ek sien hy lyk soos Chewbacca. Dan's ek bly hy's nie meer gay nie. Of dat hy sy harige pote op my ass wou sit nie.
Huh?
p.s. Chewie het toe nie rowwe protected of unprotected seks met 'n ander man gehad gedurende daai uur nie. Hy sê dis omdat daar nie baie ander gays by die werk is nie. Ek't gereken hy praat kak want ons werk vir die staatsdiens. Die staatsdiens is gay op daai manier.
Ruled by a pinky.
- Daai eerste, swarterige, donker groen poef wat jou kind gee net na geboorte is normaal. Dit het ook 'n wetenskaplike naam (wat ek nie nou kan onthou nie en te lui is om op te gaan opsoek, maar dit begin met 'n "m"). Dit is toe nie genaamd: "Waddefok-is-daai-swart-shit" soos wat ek aanvanklik gedink het nie.
- Die mite dat vrouens onmenslik lus raak vir groot wors hier in die sewende maand van hul swangerskap is toe; tot my erge onsteltenis en finansiële verlies aan addisionele porn; 'n klomp kak.
- Dit is wetenskaplik bewys (deur my) dat 'n kind jou met hulle nuwe langwerpige speelgoed in die eiers kan slaan.
- Moenie vir jou kinders langwerpige speelgoed koop waarmee hulle jou in die eiers kan slaan nie.
- Kinders het ook rooi bloed.
- Moenie vir jou kind 'n miniatuur (baie pienk) fiets koop as haar kop nog nie eers bo die seat uitsteek nie. Sien punt 5.
- Kinders argumenteer anders as groot mense. En volwassenes. Voorbeeld? Ek: 'Daai IS 'n volstruis, Meisie.' Meisie: 'Nee! Issie! Dit poppogaai!' Einde van argument.
- Kinders hou van Barney. Oor. En oor. En oor. En oor. En oor EK HAAT DAAI FOKKEN PERS BLIKSEM!
- Moenie vir jou kinders Barney koop nie, hulle martel jou daarmee.
- Shrek is ook 'n vorm van martel. Na die dertigste keer. In 'n week.
- Klein, halwe meter blonde kop meisies met blou ogies en mooi gesiggies hou daarvan om; veral pappas; om hul vingertjies te draai. En dan te martel. Met Barney.
- Kinders hou van martel.
- Kinders hou van hospitale. Waar Barney DVD's nie van sprake is nie.
- Crayon prentjies van lang strepies en halwe sirkels kom wel van wit kombuiskaste af, na 'n uur of so se geskroppery.
- Halwe meter blonde kop meisies hou van pienk. En Barney. En 7de Laan. Wys jou vrouens se slegte smaak begin al vroeg.
Ek sal nie my meisie vir enige iets in die wêreld verruil nie. Sy rule.
Wednesday, July 11, 2007
'n Ope brief aan my kollega
Tuesday, July 3, 2007
Rollin' Homies. Broken Bones
Margate: 1997
Iewers op die rotse
'Jissis! Ou! Is jy oraait?' skreeu ek op Doos*.
'Eina! FOK!' moan Doos. 'Waar's ek?.......Mamma?'
'Ek's nie jou ma nie, fok! Kakhuis!** Kom help man!', gil ek paniekerig.
'Huh?', ooze 'n stem van ander kant die enigste bossie-befokte duin.
'Mamma?' peusel Doos se stemmetjie weer aan die rotswande.
'Ek sê kom help etter! Kakhuis!', gil ek weer verskrik.
Later in die hospitaal vra Doos se pa my: Nou waddefok gaan hier aan mannetjie? Wat ruik ek? Drank! Waar was julle? Wat het gebeur? PRAAT MAN!!'
Ek en Kakhuis kyk verdwaas, skamerig af. Kakhuis pomp my in die ribbes om iets te sê.
Ek begin toe verduidelik, want Doos se pa ken my beter. Hy't dan daai tyd al vir my 'n Bennie en Hennie gegee daai keer wat ek en hy op die klippe in die bos gesit het terwyl Doos 400m vêrder sy eerste bokkie berkruip het.
En ek verduidelik toe glad nie naastenby die volgende nie:
Margate: 1997
Vroeër die aand.
Iewers in n' pub.
'Trek aan jou fokken hemp laaitie!', skreeu so kaalkop gespierde bliksem van die deur af op my.
Nonchalant sit ek my bier op die rand van die pool tafel neer en kyk minagtend in die gespierde bliksem se rigting, so asof ek wil sê: Maak my, maar sê niks want ek het noggie 'n vaste werk nie en kan gevolglik nie sy hospitaal kostes dra nie.
Die gespierde bliksem kyk my terug aan. Sy linker tiet-spier rol soos n' lui kat onder n' bicep uit.
Sy regter tiet-spier skrik vir die linker tiet-spier en rol summier onder n' ander bicep in.
Ek dink weer en reken dis nie die moeite werd nie. Regte manne soos ek steur my nie aan sewe voet gespierde etters nie. Ek trek maar my hemp aan voordat ek my mind change en die ou tog bliksem.
Doos kyk in my rigting, 'n Chesterfield wat Elvis-style by sy mond uit peul.
'Ko' ons fokkof, toe? Ek's nou gatvol vir die plek.'
Ons kyk al twee vir Kakhuis. Hy los n' oomblik die dik chick wat hy iewers opgetel het se komeet grote ass om ons vlugtig sy volle aandag te gee.
'Ja, ek dink ons moet eerder fokkof want netnou bliksem Fokkengatvol daai sewe voet bouncer met tietspiere soos n' sak vol lui katte.' meen Kakhuis sy mening.
'Presies wat ek gedink het.' sê ek.
Toe fokkof ons.
Stop by n' shebeen iewers in 'n shady deel van die kusdorpie en koop 'n kas Castle.
Stry oor wie wat betaal het en wie skuld vir wie wat. Ek kry 'n ekstra Castle uit die gevolglike deal uit. Ek is n' fokker op daai manier.
Ry so rukkie rond met NONO NOOONONO NOOONOOO THERE'S NO LIMIT! wat doef doef agter uit Doos se Conquest uit wat pappa hom gekoop het toe hy agtien geslaan het.
Ons voel cool.
Ons IS cool.
Die fokken manne. 24-7 Coolness.
Na 'n rukkie kom ons egter agter dat niemand anders, veral nie sexy jong bokkies met groot tiete en vakansie-verkeerde gedagtes, ons baie cool vind nie. In fact oral kyk gepsierde kaalkop bliksems met hot chicks ons aan asof ons dweebs is.
Doos en Kakhuis moes my inhou daai aand.
Wel, fok hulle dan, reken ons later. Hulle weet nie wat hulle mis nie. 24-7 cool ouens are hard (to come by).
Ons stop op 'n verlate stukkie strand (mens kon dit nog doen daai tyd sonder om deur 20 primates gerape te word), vat ons Castles en suiker af rotse toe om diep dinge te gaan gesels.
Na 'n rukkie se heavy argumente oor wat 'nothing else matters' regtig beteken en Kakhuis besluit dis nou die tyd om doer agter die enigste bossie-befokte duin te gaan kots.
Hy doen dit toe ook. Strompel oor bossies en duine en ons sien net stofwolke soos hy ander kant neer bliksem. Hy't nog nooit baie grasie gehad met enige iets wat hy aanpak nie, stem ek en Doos onderlangs saam. Lag ook lekker.
Maar dit was nie vyf minute later nie, toe ek en Doos nog sit en stry oor iets simpel maar wat eintlik draai om die grote van ons onderskeie dicks, en hy verdwyn soos die skim hier voor my!
Nou's hy daar. Nou's hy weg!
Ek kyk verdwaas rond. Vat 'n sluk bier. Kyk weer verdwaas rond.
Loer versigtig oor die lysie waar Doos laas gesit het en sien twee dowwe wit oë doer onder vir my terug loer.
'Jissis! Ou! Is jy oraait?' skreeu ek op Doos.
------------------------------------------
Doos het van die rotse af gebliksem daai aand, omtrent die hoogte van n' huis se dak na die grond toe. Sy been lekker fucked up geval.
Hy was maar nog altyd 'n doos op daai manier, sou ek later besef. As een van ons vriende seer gekry het, het hy altyd die ergste seer gekry. Soos daai een keer wat hy deur die skool op sy 50 gejaag het en homself moertoe geval het oor 'n ketting in die pad en hoe sy pappie en mammie die skool gesue het.
Dis net hy wat sy been kon breek op sy eie matriek vakansie. 'n Tipe unintentional drama queen, of iets.
Later jare het ek Scummyside toe getrek en hy't by sy pappa en mamma aangebly en soos ons studies en lewens uitmekaar beweeg het, sou ek hom later net een keer per jaar sien. Met belastingopgawe tyd.
Een jaar het ek net nie weer my telefoon op getel nie.
Kakhuis het my een aand, in 2001 of 2002 in 'n pub in Hatfield daarvan beskuldig dat ek sy goose gecharf het.
Ons het nog nooit weer gepraat nie.
Mense is dose.
*Doos - 'n Skuilnaam van 'n ou wat ek van kleuterskool reg deur matriek geken het en wat later 'n doos uitgedraai het. Sy ouers was toevallig ook in Margate (in 'n ander vakansie huis as ons cool ouens) met ons matriek vakansie.
**Kakhuis - nog 'n skuilnaam van 'n ou wat ek van kleuterskool reg deur matriek geken het wat later 'n IT consultant geword het vir R25 'n uur en 'n tipiese kakhuis uitgedraai het nadat hy sy eerste meisie in 2001 of 2002 ontmoet en spyker.
Tuesday, June 26, 2007
Hives

Dis nie asof mens tyd het om alles in die lewe te doen wat jy graag wil doen nie.
Maar tussen deur die gewerkery, familie geleenthede, aandag aan Meisie gee, Ghost Recon Advanced Warfighter (fokken moeilike game daai), speeltyd met die Wench (wanneer ek nie hoofpyn het nie) en al die ander nietighede wat my besig hou deur die loop van my dae, het my liggaam die afgelope week besluit dis nou die ideale tyd om n' erge allergie vir seekos te ontwikkel.
'Ek meen, why bloody not?' het my liggaam sekerlik gereken en aktiveer toe summier n' erge allergie vir seekos. Sommer fokken net.
Doos.
En toe kom die jukkery, die aanslag op my mensdom, my unieke wese en ja, ook my ass crack...
Van agter my ore march die uitslag soos n' weermag van fyn-klein tamaties oor my vel tot agter my rug, waar dit voortgaan om blitzkrieg aanvalle op en om my maag uit te voer, recce sorties onder my arms te perform en oor die algemeen soos dronk fokken soldate voort te bliksem.
Maar dit stop nie daar nie, o nee.
Sniper sessies aan en om my genitalieë (dis eiers/ ballas/ knaters vir die ouens in Daspoort met Polkadot) is beoefen, en om sommer net spiteful te wees, net om te wys wie is wel die ERGE ALLERGIE, is daar ook deep-undercover-penetration-maneuvers in my ass crack uit gevoer. Op die mees ongeleë tye, wanneer dit moeilik is om te krap, moelik sonder om soos n' self-centred moffie met n' itchy vinger te lyk.
Krap krap juk juk
So twee dae hiervan toe suiker ek dokter toe.
'Jy't 'n oënskoulike allergie teen iodine', reken tannie dokter, amper ingenome, net voordat sy my n' kortisoon inspuiting amper, maar nie heeltemal, glad nie naby die bo punt van my ass gee nie (figure dit uit, dis maklik).
krap juk krap juk
'Issit? Wragtig?!', reken ek kennilik, so asof ek weet wat iodine is.
'Ek dink so, ja. Vermy maar liefs enige seekos met skulp in die vervolg, drink die pilletjies drie keer n' dag en bel my as en wanneer jy 'n ereksie kry.'
juk krap juk krap
Dis wat sy gesê het.
Genuine!
Ja, ok.
Eet maar lekker julle seekossies, hoor?
Bliksems.
Friday, May 18, 2007
Suur Fronse...
.jpg)
Okay. Ek aanvaar dit, so oraait dan.
Maar dit gebeur soms dat ek toevallig daar voor die TV sit en niks anders het om te doen nie en dan kyk ek maar saam.
Wat? Dis aanvaarbaar deesdae. Ons het dan nou same-sex-marriages en als.
Anyway, so ons kyk toe ander aand en wie daag toe op in 7 de Laan? Niemand anders as ou Steve Hofmeyer nie!
Great!
Ek was een van sy grootse fans in agter elke man. Mind you, ek was drie of iets op daai stadium maar my ma het van hom gehou toe volg ek maar pas, want ek was stupid.
En ek let toe die volgende op:
Steve charf die jong blonde joernalis met intense fronse en skrefies oë.
Blonde joernalis vee haar gat aan hom af met blonde flair en Paris Hilton air-headedness.
Blonde loop uit.
Leidende, donker musiek speel terwyl Steve na die kamera toe draai, en dan trek hy n' gesig.
Jy't die gesig al baie gesien, dink so bietjie:
As daai Ridge ou in Bold na die kamera toe draai trek hy sy mond asof hy nou net n' baie suur nartjie geëet het.
As daai Ou-Toppie-Drol-Met-Die-Dubbel-Ken (ook in Bold) na die kamera toe draai trek sy mond asof hy nou net dieselfde suur nartjie geëet het, maar gedip in asyn.
As Steve na die kamera toe draai in die Laan frons hy asof iemand hom sopas met n' krieket kolf in die skrotum (eiers vir die ouens in Danville met MTN-wap) gemoer het.
Jy kort n' suur nartjie Steve, asseblief! Gaan vra op Loftus, jy's mos gereeld daar om te "lip sinc".
Drol....
Thursday, May 17, 2007
Demon Rider!
.jpg)
Hier bo is n' bike wat ons vir Meisie gekoop het toe sy omtrent n' jaar oud was.
Die goed is excellant om oor te val in die donker, om jou permanente rug krampe te gee omdat Meisie net sowat 10cm op n' slag ry en dan moet jy haar stoot, en excell om baie vroeg oggende, wanneer jy besig is om Doom 3 te speel en n' fucked up Demon grom hier agter jou voor jou op die screen, sommer van self te begin praat.
"What do you want to do today?" vra die ding net wanneer die dertig voet demon soos n' ballet danser glad nie sou nie hier voor jou inspring opsoek na jou virtual bloed en guts.
'Come out and play!" net wanneer die possesed fokker met die bloated maag daar om n' draai, langs die rooi explosive barrel HHHHHNNNNNNRRHHHHGGGG grom.
En n' "Hello! What's your name?" wanneer jou computer afgeskakel is, die lig is af en jy's oppad kamer toe in die stikdonker huis.
En dan wonder Wench hoekom ek so nervous wreck is.
Ek haat die fokken ding.
Wednesday, April 25, 2007
Boobs
Wat n' fokken nice game.
Behalwe vir die feit dat jy gereeld mooi ronde, gesonde en liplek lekker borste ('tiete' vir die ouens in Danville wat Mweb het) te siene kry, is die aksie ook okay.
Jy kry sulke swaarde met kettings aan jou arms vasgesmelt en hiermee fok jy demons, n' god sowel as n' politiekus of twee op. Ok, ek lieg oor die politiekuste, maar dit sou nice gewees het as dit daar was.
Die game is baie, baie ingewikkeld, dis nie vir sissies nie. Wees bereid om hoogs die moer in te raak, die PS2 controller doer te gooi, om die PS2 controller doer op te tel, jou vrou uit te kak en vir n' aand of wat op die bank te slaap na gelang van die vrou-uitkakkery.
Nie. Vir. Sissies. Nie.
Maar laat ek terugkom na die borste toe.
Dit was mooi borste. Ronde, groot borste. Sagte borste.
Hulle kon die hele game net rondom borste gemaak het, in my waardevolle opinie. In plaas van om op n reus met n' berg op sy rug te moet baklei en demons dood maak, sou ek eerder verkies het om op n' reuse Angelina Jolie se borste togte aan te vat om met haar nippel-hare te baklei....of iets.
Moenie my verkeerd verstaan nie, dis lekker om demons met fancy dans-stappies en swaaiende swaarde te onthoof, heelwat lekker, maar hulle kon die boob-ding baie vêrder gevat het, baie baie vêrder.
Ek hou van boobs.
Die trick is nou om die Wench (met haar fantastiese sagte, ronde boobs) sover te kry om nie die te lees nie. Netnou wil sy ook die game speel, en die lang bank is steeds gevat....
Seks en so
Seks is over rated.
Hierdie mense wat rave en rant oor great seks is, oor die algemeen, betaal daarvoor.
Wat?
Het jy gedink die skrywers van FHM en Cosmopolitan se '10 Steps to Great Sex' elke liewe maand, word nie betaal nie? Dink weer. Die mense word betaal om daar te sit en kak uit te dink, kak in die sin deurdat jy jou vrou, byvoorbeeld, agter die knieë moet prikkel met n' veer, haar nippels liggies dog sensueel met jou tong moet streel en oooo weeee sy gaan gevolglik van die bed af gly so hot is sy vir jou.
Kak man.
Eerlik waar, wie behalwe tienners en sepie sterre het deesdae tyd of lus vir sulke foreplay?
Nie ek nie.
So hier's die vraag: Is dit die moeite werd om lang foreplay sessions te hê alvorens die Purple Headed Warrior in die Pink Love Oyster (ek het dit in n' boek gelees eenkeer, toe ek jonk was, in die Vrystaat, op die toilet) geploeg kan word?
Laat my weet.
Wednesday, April 11, 2007
Ek is nou Soutie
You see, Afrikaner literature, in my opinion, seldom delves into the realms of direct confrontation, and should it delve so deep, people tend to regard it as basic, or common, something no good Afrikaner Christian should ever be exposed to.
Therefore my earlier random rants with teeming vulgarity and senseless randomness, was a cry for freedom, quite rebellious I suppose.
I tried to break free from my Dutch Reformed Church heritage by using bad language and verbally abusing people I did not nor never intended to like.
So then now, as of today, hear this:
I am quitting my evil ways, and will now proceed to denounce, in the English language, the following: Liberals in general, acne spotted teeny-boppers, the racist black government, fat people, irritating people, good Afrikaner Christians and sometimes, when I feel like it, your mother.
This is, I suspect, some fase I am going through, and I do not expect you to understand, as I am far superior to you, in the most subtile ways, so much so that even I cannot directly point out to you exactly how much more superior I am.
Just believe..
....fokkit.
Sunday, April 8, 2007
Snotties Suig.
Dis asof ek net nie kan wegkom van snotkop dogtertjies af nie.
Ek het anner dag by die werk n' stel afgetrap met n' Snottie wat dink die wêreld (en gevolglik elke liewe man wat dit waag om sy intelligensie tot so level te drop dat hulle actually met haar kommunikeer) draai.
En toe het die Wench se laaitie besluit om sy nuutste girlfriend oor te nooi, vir n' hele fokken naweek.
Ek is gatvol.
Wednesday, March 28, 2007
Friday, March 16, 2007
Rambo Jnr.
Selfs met n' moerse kol ontsteking op haar long en n' krappige hoes saam met vyf ander huilerige, snotterige kinders in die kindersaal by die hospitaal, het sy gesmile, gelag, 'dankie tannie Marhta' geskreeu en voort gegaan asof niks haar makeer nie.
Die pappa, en Wench, is trots my kind.
Ek.
p.s. Ek wou jou regtig Rambo jnr. noem, na myself? Maar mamma wou fokkol weet. Sorry. Verander maar later as jy agtien of so is. Steek net die nuwe ID vir mamma Wench weg.
Tuesday, March 6, 2007
n' Ope brief aan Andrew Jordaan.
Ek het my self belowe ek gaan nie meer rant en rave op hierdie page nie. Ek is wel gatvol, maar humor is vir my n’ beter outlet vir gatvolgeid.
Ek is egter die bliksem in vir jou, Andrew, wat die sesjarige, onskuldige Sheldean vermoor het.
Ek fokken sien rooi.
As ek dink aan wat die arme kind moes gedink en gewonder en gevrees het in die laaste paar oomblikke van haar lewe, wil ek deur my oë pis van woede.
Ek het die polisie gesmeek om jou in ons, die publiek se hande te oorhandig. En ons sal vir jou mooi oppas, totdat ons die perfekte plek kry om jou knaters met n’ broodmes af te sny, al twee jou shins met hammers te versplinter, jou aan toue op te hys (ala Braveheart) sodat jou arms uit hul sockets pop, en miskien dan eers; en ek sê miskien, jou maag met dieselfde stomp broodmes oop te sny sodat jou guts soos die glibberige slang wat jy is, by daai bierpens wat arme Sheldean sekerlik intiem in haar vrees en smart moes aanskou, uitpeul.
Dan sal ons almal n’ dop of tien drink op jou dood, voor jou, terwyl jy rondhang en kreun (jou eie vuilgat onderbroek sal in jou mond wees) en doodbloei, en ons sal vir jou lag, jou doos.
Wanneer jy uiteindelik jou laaste stink, vrot vark asem uit roggel, sal ons vir Sheldean toast.
Op die verlies van haar onskuld.
Op nog n’ verlore wit kind.
Vriendelike groete jou fokker.
Ek.
p.s. Ek hoop twintig swart, sweterige bliksems met slow puncture rape die kak uit jou uit in die tronk.
Cheers Sheldean.. sien jou later meisiekind.
Saturday, March 3, 2007
Van bitch fights en eende wat spyker.
Ek en ou Koos kom al n' lang pad saam. Ek onthou nog hoe ek een lang, warm middag daar by die kleuterskool se sandpit gestaan het terwyl die ousie sy doek om geruil het, en hoe sy poef soortvan oranje kleurig was.
Fok, ek's bly ek hoef nie meer na sy poef te kyk nie.
Anyway, Koos en sy wench het ook n' dogtertjie (hereafter referred to as Shorty), omtrent Meisie se ouderdom (twee en n' bietjie), maar ses maande jonger, en korter, aansienlik korter. Meisie lyk soos die Bulls se Matfield teenoor, ek weet nie, n' midget. Miskien moet ons haar minder kos begin gee....?
....nee, Wench sê sy's net effe lank vir n' twee jarige op die stadium en dat sy wel op haar korrekte lengte sal settle round about next week Maandag of Dinsdag.
Ek glo die Wench. Right, uitgesort.
Anyway, ons het vandag by ou Koos en sy wench gaan braai, en dit was lekker. Ietsie is gedrink, dinge is oor gesels en n' vleisie is gebraai (onder streng toesig van myself, ou Koos sukkel maar).
Dit was ook baie interresant. Dit was die eerste keer dat die twee titans (Meisie en Shorty) regtig waar mekaar sou opmeet, weeg, en either oor die weg kom, of ek en Koos se vriendskap van ouds sou van nou af in pubs en Teazers moes afspeel, sine* die kinders.
Aan die begin het dit oraait gegaan. Daar is skamerig, maar duidelike sizing-up kyke na mekaar geslinger, Meisie se oë op skrefies getrek soos Clint Eastwood sin in daai Cowboy flieks, en Shorty se oë soos Simba van Lion King, net cuter.
Maar n' uur en vyf rooi koeldranke later het hulle soos twee vlinders deur die sproeier gehardloop, alle sizing-up vergete. Die son het heerlik gebak, die kole het al kolend gegloei, n' ligte windjie het al winderig ligtelik gewaai, en my wyn was baie wynerig in my hand, todat ek die saak reggestel het, toe was dit al wynerig in my mond.
Alles was reg, die lewe, die politiek en selfs my bierpens het vir my kleiner gelyk........
.....maar ek en Koos het altwee die skielike tenseness in die lug gevoel! Amper gelyk, amper soos bloed broers!
En toe sien ons:
Shorty het n' groen emmertjie in haar klein handjies gehad, wat baie dieselfde as Meisie se groen emmertjie by die huis gelyk het.
Meisie sien dit ongelukkig raak, en gee n' grom hier diep uit haar keel uit.
Shorty het met n' grom van haar eie hier in die omgewing van haar boudjies reply.
Meisie het nader gestap met daai skrefies oë, dieselfde tipe oë wat Clint Eastwood kry as iemand sy huis verbrand, sy vrou verkrag en al sy diere slag, dieselfde oë wat Wench kry as sy my vang laatnag e-tv porn kyk.
Shorty het die emmer protectively agter haar geplaas, ek reken om haar hande vry te los vir die coming batlle. Een voet is voerentoe geskuif, die ander voet agter toe, die handjies gelig in tipiese bokser style, die Pampers doek opgetrek vir ultimate beweeg ruimte.
Meisie het nader getree, bloodlust in haar rooi gesiggie.
Shorty het nie een tree terug gegee nie.
Meisie gee nog n' tree.
Shorty kom met n' vinnige flap van die hand en Meisie styer onder die klap!
Meisie huil! Hou haar arm vas!
Shorty huil ook want pappa lyk kwaad en Meisie huil so kom sy huil ook sommer. Wat? Gaan jy met haar stry? Sterkte....
Pappa tel Meisie op en troos en preek van deel, saam lewe en kyk daai eendjies daar by die dammetjie! Wow! Dis mooi eendjies. Kyk hoe stoei hy met die ander eendjie, en oops, daar val hy af maar wow! hy's vinnig weer besig om te stoei en kom ons vee daai traantjies af, pappa se kind. Liefies vir jou. Ja, toooooeeemaaar, moenie meer huil nie, hoor? Nee, hou op kyk vir die eendjies, ek dink nie hulle stoei nie.....Nee Meisie, ek weet nie hoekom sit die een eendjie op die ander eendjie se rug nie, kom ons kyk vir iets anders.....
...Kyk! Oom Koos lyk soos n' PhooPhoo!
Daarsy.
Einde van bitch fight.
Verbasend hoe vinnig kinders se aandag afgetrek kan word.
*Sine is Latyns vir 'sonder'. Ek het dit maar net daar ingegooi om my moerse intelligensie af te wys.
Ja, ek is slimmer as jy. Glo my nie?
Ok.
Kies n' nommer tussen 1 en 10.
Ek wag........
.......Wat?
7?
Verkeerd.
Sien? Jy's dommer as ek.
Sorry nê?
Wednesday, February 28, 2007
Fashion Police!!.....Yo!
Maklik.
Egter, reken ek in my infinite wisdom (lees baie wyn); fashion het deesdae vir baie mans n' probleem geword. Gone is die dae wat n' man net kon dra wat de moer ookal gemaklik was, en kon lyk soos wat de moer ookal hy wou lyk, solank hy net manlik lyk.
O nee, deesdae moet die hare net só wees, die klere nog meer (soms minder) só en bliksem ou maat, daai skoene MOET by iets, iewers pas. Al is dit blou skoene met pienk polkadot kolle soos slopperige paintball shots daarop gemoer.
Vandag se mans is pansies.
En dis als chicks se skuld. Julle wil mos die snotkop bliksempies laaik met die FHM voorgeskrewe (lees homosexual / metrosexual) kleertjies. Dit gee hulle rede om so aan te trek.
Maar dit daar gelaat.
Chicks is erger.
My meisie van twee en n' bietjie (hereafter referred to as Meisie) het defnitief my tipe fashion sense gekry, aangesien sy vanmiddag toe ons by die huis kom n' moerse show opgesit het om n' sonneblom geel hempie met sonneblom prentjies daaop aan te trek, gepaard met n' donker blou broekie sowel as die baie belangrike pienk pantoffels.
En vir my het sy heel cool gelyk. Baie 'The Fifth Element' style gemeng met 'Vyfster' subtiliteit.
Excellant!
Wench het natuurlik rooi in die gesig geword van fashion-beroerte, soos daai laaste keer toe iemand by haar werk n' geel sweetpak broek met rooi plakkies en n' snot-groen hempie aangehad het.
'Dit lyk kak!' was haar woorde.
'Wie de donner dra sweetpak broeke werk toe?' was my natuurlike vraag.
Staatsdiens.
Anyway.
Meisie was heel ingenome met haar kleertjies.
Wench het vergeefs probeer om telkemale n' kombers oor haar te gooi, maar toe Meisie dit die heeltyd afruk het sy gesettle om n' karton doos oor haar eie kop te sit.
Meantime het ek Meisie geleer om rooisand-klonte te gooi na al die FHM skool laaities wat in die straat verby geloop het.
Sy't nie veel raak gegooi nie toe help ek maar.
Hel, die laaities kan darem nog hardloop, alhoewel die handjies maar flap-flap hier langs die kante.
Klomp pissies.
Papier brand vinniger as ek.....

Soos julle kan sien het ek by punt drie n’ nice, rooi, WADDEFOK? aangeteken, n’ klein indikasie van my verassing toe ek die teken sien.
Hoekom? wonder julle sekerlik.
Dink so bietjie daaraan:
In die geval van n’ brand kan jy sekerlik verwag dat daar n’ hele klomp paniekerige bliksems gaan wees wat oor enige iemand sal trap net om eerste by die deur uit te wees, veral in die staatsdiens wie se werknemers amper eksklusief uit blinde mense; mentally impaired mense; vetgat bitches en zotters bestaan.
Selfs op plekke waar normale mense werk gaan daar grootskaalse paniek wees.
Maar wag so bietjie, hoor? Voordat jy paniekerig raak, voordat jy die blinde, dikgat zotter bitch hier voor jou op die trappe agter op die ass skop omdat die vlamme al hier aan jou eie ass begin lek, tel eers daai papiertjie op en bêre hom, ok?
Ja, daai een wat daar op die grond lê. Bêre hom. In jou tafel se laai sommer, ok? Asseblief.
Wat? Ons het net hout tafels in ons kantoor? Wat de moer maak dit saak? Daai notice by die lift het gesê bêre die papiere, so fokken bêre dit net asseblief
Ja, ek weet die hout tafels met die papiere daarin gaan nog vinniger brand, maar dit maak nie fokken saak nie, ok? Teen daai tyd is ek al lankal uit die fokken gebou uit.
‘Skuus? Wel ek weet nie, jy moet seker maar al die papiere bêre, die notice sê mos as dit moontlik is pak al die papiere weg, so maak sommer my tafel ook skoon. Dankie nê?
Daarsy, laat ek net my R1250 pierre cardin horlosie hierso mooi in my laai toesluit, en sommer my nuwe Nokia (fok die laai is vol donnerse papiere), en dan kan ons maar gaan.
Daarsy.
Don’t panic.
Thursday, February 22, 2007
Britney se Bush
Elke liewe fokken dag die afgelope paar dae moes ek my self vas staar aan die simpel, dom, fucked up, snot vretertjie, dikgat kakhuis, patetiese Britney en haar fokken Tshabalang-related, malkoppie antics.
Vir wat?
WIE het gesê ek stel belang om te lees hoe dom en simpel die klein kak is? Haar musiek suig. As ek haar gesig sien kry ek n' skielike gier in my om myself n' totale tand oorplasing sonder drugs te gee. Of vir haar. Ja, eerder vir haar.
En haar nuwe hair style pla my nog minder. Soos in, WIE DE MOER GEE OM?
Die enigste rede hoekom ek die kak moet lees is omdat fokkers daar buite (gewoonlik teeny-boppers in hulle Deisel tank tops en skril fokken stemmetjies) so belang stel in die kak.
Maar my groot vraag is die:
Watse teeny-bopper ken JY wat die Beeld lees? Hê? Hulle lees mos ander kak, nie waar nie?
Die Beeld is vir groot mense, nie snotkop strontjies nie.
Regtig Beeld, fokken pik by.
Asseblief.
Thursday, February 15, 2007
Poef is nie vir Sissies nie...
Ek het n' meisie van twee en n' bietjie, die mooiste kind in die hele wêreld. Sorry nê, maar jou kind kom nie naby aan myne nie. Ek het haar al gaan noem in my vorige braak. Sy's my lewe. Sy en die Wench.
Anyway, ons het al vir Meisie getrain om self te gaan poef, en pieppie. So toe sy nou die ander dag in haar klein fyn stemmetjie voor al die kuier gaste proclaim dat sy gaan poef, het ek met trots en n' swelling op my hart vir haar gesê: "Ok my skat."
Sy't my egter met haar blou ogies en skril stemmetjie gevra om saam te gaan, en al was ek in die middel van n' hewige gesprek rakende Zuma en sy Marxist comrades het ek my bier net daar in my ander hand gesit, Meisie se hand gevat en saam met haar gestap.
Prioriteite.
Ek het eers omgedraai en n' nuwe vol bier gaan haal. Die poef sessies vat lank.
Anyway.
Al smilend het sy op haar potjie gaan sit. Die potjie bestaan uit n' wit stoeltjie met arm rests en n' gat in die middel. Die gat is daar om in te poef of pieppie. Fok julle is dom!
Ons het so oranje bak om al die goodies te vang en die kan dan uitgehaal word om leeg te maak, gewoonlik deur die Wench want ek het ander goed om te doen, soos om nie te kots nie.
So daar sit sy toe, en druk. Ek het na n' rukkie paniekerig die portable brand blusser aangevra so rooi was sy in die gesig. En ek kan met moerse trots getuig dat my kind groter myne uitdruk as jou average olifant. Pappa se kind!
Na n' rukkie toe haar gesig na normale kleur terugkeer staan sy op en gryp die kakpapier en vee saggies, maar heeltemal mis, af. Pappa se kind!
En dis met die ingooi van die poeferige papier dat iets my as vreeslik odd en afskuwelik tref.
Die oranje bak was nie op sy baie belangrike strategiese posisie nie. Die oranje bak het op die wasbak gestaan waar Wench hom vroër die dag uit gewas het.
Meisie het op die mat gepoef.
Fok?
'WEEEEEEEENCH!!!!!'
Daar's n' tipe les hier iewers, of nie? Ek's nou te naar om daaroor te dink.
Monday, February 5, 2007
“You make the kak for us, we take away Escom and Telkom and SARS accounts, okay? Hau!”
Dis n’ pot kak.
Die ANC is besig om n’ MATRIX op ons te pull, en alhoewel meeste van die comrades in ons government te fokken dik is om in n’ rabbit hole te pas, is dit wel duidelik dat ons besig is om in n’ relatiewe groot sinkgat in te moer. Almal van ons.
Ek meen, kyk net na die onlangse “FNB-gate” skandaal, waar ons high ranking government FDC’s soos hul primate counterparts van ouds op die arme First National Bank neergesak het en hulle met tipiese primitiewe yet doeltreffende piesang en kak slinger gemaan het om tog nie met hulle anti-crime campaign voort te gaan nie.
En dit dan na die tyd ten sterkste te deny. Ek meen, hoe kon ons OOIT gedink het hulle het die FNB actually gedreig? Hoe kon ons gedink het die marxist terroriste wat voorheen sonder skroom onskuldige mense opgeblaas het ooit tot sulke tactics kon revert? Hoe KON ons?
Ja, right, nadat die FNB R20 miljoen spandeer het op hul crime campaign besluit hulle om sommer maar net die hele ding te los. Net so.
Hier’s n’ transcript van n’ interview wat ek net na die hele bom gebars het, met n’ verteenwoordiger van FNB gehad het*:
Fokkengatvol aan FNB: Hoekom het julle die hele campaign om Thabo se naam so effe gat te maak oor die crime situasie in Suid Afrika, net so gelos? Is julle fokken gedreig en shit? Is julle fokken mal?
FNB: Nee, nee, ons het maar net besluit ons is nie lus om voort te gaan met die hele ding nie, dis al, ok? Ons was net nie fokken lus daarvoor nie. Ons gaan nou ons volle aandag vestig op die boil op ons CEO se linker boud, want dit is meer in line met ons positive outlook en die algehele corporate strategy wat ons vir die bank het. Jy weet, vir die toekoms en goed?
Fokkengatvol: Uhm. Ok. Right.
En die ergste is dat ek vir n’ feit WEET dat sommige mense wat die kak hierbo sou lees, nie n’ fokken clue het waarvan ek praat nie.
Dis jammer.
Miskien is dit tog beter om fokkol te weet nie….Vat dan maar die blou pil, of was dit die rooie?
Cheers.
*Ek lieg, hoor?
Monday, January 29, 2007
Geel braak.
Dis net soveel makliker op die oë.
En nee, nie my poef nie, my shit.
Wat ek skryf?
Stupid asses.
That bloody jar!
Die post hier onder is net een van vele ander meaningless dribble wat hierdie arme drifting blaar gebraak het, en ek weet, dis kak om die goed te lees, daar's nooit genoeg tyd nie en jy's nie lus nie maar doen jouself n' guns en lees, jou oë sal oopgaan, jy sal die mes nader .....
The Jar...
The jar was filled with its emptiness.. brimming with it… she often wondered how it contained itself so well… it changed colour too… it reflected and soaked in all around it… and yet did not let that seep out… she’d had it on her little table next to the lamp for over a year now… and each evening as she sat down at the end of another day, she’d spend time looking at the jar… watching how carefully it guarded its treasure… how selfishly it held it so no one saw… she’d take comfort it in… and as the days passed and she grew more and more curious about the emptiness, she’d toy with the idea of seeing what it was like… there were days when she’d actually gone as far as to pick the jar up and place her hand over its lid… but something always made her stop… What would she achieve by letting the emptiness out? Would it really leave… she’d just add more to it…somethings are better left unleashed…
posted by drifting leaf 8:45 AM 0 comments
Saturday, January 06, 2007
Die ‘She’ is heelwaarskynlik die skrywer self. So sy skryf van haarself in die derde persoon.
Okay..
En die skrywer sit aand op aand en staar na n’ baie empty jar, so empty dat dit sommer oorloop van empty-geid. O nee, sy’t fokkol anders om te doen voor slaap tyd nie, uh uh, no ways, gou skottel goedjies was, die vyftien katte kossies gee en miskien gou deur die bad spring om al die swart make-up en swart nail polish af te haal en haar neus, oog en nippel ringe te polish en dan’s dit tyd vir die highlight van die hele dag: Sit en staar na n’ lee kruikie....
Wooo hoooo!
En daai kruikie staan al n’ jaar langs haar bed....
Bliksem!
Ou Koos het nou die dag gebel en met hewige morbiede angs vertel ek hom toe dat my rekenaar al n’ JAAR lank op my tafel by die werk staan! n' HELE fokken JAAR lank!
Koos het nog nie weer terug gebel nie.
En dan, na aand na aand se verwarre en intense staar sessies met die lee kruikie, begin 'she' te wonder of sy nie maar die ding moet oopmaak nie, want n' jaar terug was die ding leeg en net miskien, baie groot miskien, sal die hernuwe ervaring van n' lee kruik haar die tipe euphoria gee wat sy so smag voor. Maar hel, dis n' groot stap! Persoonlik weet ek nie of ek so n' scenario sal kan oorleef nie, ek meen, picture it:
Daar staan die ding. Hy's leeg. Jou lampie gooi donker ever changing skadus oor die kruik en dit lyk later soos n' Rainbow Nation behalwe dat daar darem maar baie donker kleure is. Jou arm bewe, jou hand bewe, die swart tattoo van n' slang lyk of hy stuiptrekkings kry so bewe jou pinkie.
'Die kruik is leeg. Maar gaan hy nog leeg wees as ek hom oopmaak?' wonder jy verward. Jy dink vlugtig daaraan om jou ma te bel en haar te vra maar besef vinnig dat jou ma se caravan te vêr van die telephone booth af is en by the way, netnou bliksem Tony haar weer.
En wat weet sy tog van emptyness? Sy's elke dag vol gestop.
En jy besluit dan nee, wag so bietjie, sal ek die lee kruikie kan handle? Sal ek dit kan aanvaar?
Met n' flush van desperation en vrees tel sy die jar op, en plaas haar hand saggies op die deksel.....begin dit te lig.....maar iets stop haar!
......
!!!!!!!!!!!
????????
!!!!!! ? !!!! LOL!!1111!!
...............
Dit vat haar n' hele tien sekondes om agter te kom dat sy actually besig is om die bad se prop op te tel en die ding is moertoe vas gesuig in die gat en fokkit sy moet nou n' bietjie stadiger met daai boom.....
....en sy gaan slaap.
Maar onthou ongelukkig haar hele ervaring en braak dit op haar blog.
GOTHS!
Onthou!
Daar's niks fout met selfmoord nie.
Fokken asses.....
Saturday, January 20, 2007
Va selfone en Wenches
Tipies vroumens though, om al op daai ouderdom op telefone rond te neuk. Ek meen, alle wenches, wat is tog so snaaks aan n’ telefoon? Die goed bestaan al vir honderde jare en julle ken al die mense waarmee julle elke dag praat al vir twee honderd jaar, so wat de fok nou, hoekom nog meer met hulle praat?
Ek ken n’ klerk van n’ hof wat permanent op haar telefoon sit. As ek daar aankom om kak te gesels of net my moerse sexy bierpens toegespan in my moerse sexy hempie vir haar te kom wys, lê sy op die donnerse telefoon! En praat met mense. Nie oor werk nie, o nee, private mense, soos haar ma of sussie of haar ma se nefie se bediende se kleinkind.
Hoekom wil julle Bitches so baie praat?
En dans daar my Ou Ryperd, die wench in my lewe. As ek haar bel om net iets vinnig uit te vind, soos bv. ‘Wat eet ons vanaand, vleis-en-rys-en-aartappels met n’ bietjie tokkelolwol skuur as Meisie gaan slaap het, of takeaways met n’ bietjie vy inlê as Meisie gaan slaap het?’*, praat sy incessantly oor ander kak nadat ek al lankal uit gevind het wat ek wou! Fok man! Ek stel nie nou belang in daai bliksem in jou afdeling wat jou afpis nie, of dat jou nael gebreek het nie, of dit beter is om Vanish of Omo te kry nie, of dat jy dink jy’s laat nie….uhm, ok, daai een is belangrik, maar you get die drift en shit, right? **
n’ Selfoon is net n’ kamera/ stopwatch/ personalized calendar/ modem wat ook toevallig oproepe kan maak, en ek sou julle beter verstaan het as julle actually met die gadgets rond gespeel het, om, ek weet nie…. fokken foto’s te neem, die tyd te neem wat dit my vat om n’ 350ml Castle te down, afsprake te maak vir birth control inspuitings of op die internet rond te surf vir die goedkoopste 7600 GT graphics kaart.
Maar nee, julle bel mos net! On average betaal mens R3000 vir n’ selfoon deesdae, maar julle bel net op die donnerse goed?
Met wie fokken praat julle so baie? En hoekom?
Daar’s al geredeneer bitches praat so baie want as hulle nie baie praat nie moet hulle breins begin werk, en dan raak hulle aan die slaap.
Ek scheme dis kak. Bitches praat so baie van julle is vol kak. Period.
Wat? Wat hoor ek? Bitches wat moan dat hulle nie vol kak is nie?
Jammer om van julle kak te hoor.
Bel iemand.
*En ons het toe nie een van die twee gedoen nie want Meisie het besluit om (tipies vroumens) haar eie kop te volg en hier styf agter pappa se rug te kom inkruip. Ja, dankie my skat, pappa is lief vir jou ook maar is dit nodig om my van die fokken bed af te lê?*
** Daar is nie n’ nuwe Gatvollertjie op pad nie, dis net gedramatiseer vir jul lesers -genot. Of fokken iets. Moenie so fokken nuuskierig wees nie.
Thursday, January 18, 2007
Blogger. Com Suig!!
Die ding gaan seker nie eers die fokken post publish nie, vir een of ander fucked up rede.
Anyway, nuwe shit kom, en vir ou shit e-mail my by sabcroofkyker@yahoo.com, of nie.
Ok dan, fokkof nou, ek's besig.
