Thursday, October 18, 2007

Ons dink baie goed, man!



Ek en die Wench het ander dag stry gekry na sy beweer het mans het net drie dinge op die brein; seks, rugby en kos (ja, daai ou cliché).

Hiervolgens dus my argument wat die teenoorgestelde sal bewys, gebaseer op feitlike gebeure, regte mense en objektiewe opmerkings.


Maandag, 18 Oktober 2007

Wench maak my wakker met koffie in die bed. Dis 05:45.

Ek drink my koffie. Dis lekker, en kry ook gisteraand se bier smaak uit my mond uit (Rugby World Cup 2007).

Right. Dit gedoen staan ek op en suiker toilet toe om die groot en betroubare Frik te ontwater. Het fokkol lus vir werk nie, dink ek die hele vier minute wat ek daar staan.

Okay dan.

So deur die loop van al die takies wat verrig moet word oggende besluit ek en die Wench om meisie by die kleuterskool te gaan aflaai, terug huis toe te kom en die dag sommer rustig daar te spandeer, want ons verdien ‘n rus.

So toe gaan laai ons Meisie af, kom terug en Wench laat sommer dadelik haar klere waai…..om te gaan bad.

Ok, reken ek toe. Nie nodig om dit negatief op te vat nie.

Gaan maak maar nog koffie. Terug in die kamer sien ek Wench is besig om haar hare te blow waive. Steeds naked.

Oraait, fluister ek saggies in Frik se rigting, vanoggend gaan dinge gebeur my ou (groot) maat!

‘n Rukkie later vind ons my in die TV kamer besig om guitar te speel in die tune van daai Kentucky advertensie theme song. Wench kom naked ingeloop, en ek verwag ‘n winkie van die oog en ‘n waggel van haar lekker boudjies om haar terug kamer toe te volg.

Sy beduie egter dat sy nog koffie soek. Met haar mond. Sy draai om en said lekker boudjies terg my al die pad in die gang af. Frik laat sy enorme kop weer sak.

Ek vat die koffie en in die kamer gekom lê Wench bene en kwak en alles in die lug besig om room te smeer. Frik stamp amper die koffie uit my hand uit toe hy dit gewaar, maar behalwe vir die Wench wat naked op haar rug lê, kry ek geen indikasie dat sy meer intiem wil verkeer nie, soos bv. dat ek ook naked raak en bo-op haar op my rug gaan lê, maar op my maag.

Dis toe ek my mond oop maak om so ietsie voor te stel, dat ek onthou ek het die vorige dag Medal of Honour: Airborne gekoop, dat ek dit nie vêr kon speel nie want rugby was aan en dat ek die hele dag voor my het om dit in vrede te speel nie. Daar was ook nog bier in die yskas.

Ek was nie eens kwaad toe die Wench my later meedeel dat sy haar hare gesny het vir R350 nie.

Sien? Ons dink nie net altyd aan drie goed nie.

1 comment:

sojourner incognito said...

Droog, ou, droog. Ek laaik it.

Ek verstaan nie mooi jou comment op my apparent spelfout nie, maar ek moet admit dat, na ek jou comment gelees het, ek soos 'n goeie verloorder gesmile en my kop geskud het en said spelfout wou gaan uitcheck het. Wou hom raam of iets- die visuele resultate van roekelose tik en 14 maande in 'n land wat nie Engels praat nie, wat in insist dat "colour" sonder 'n u gespel word.
(alhoewel die kinners hom nogsteeds as "calr" spel)

Anyways, ek verloor track. Is die meervoud van assult regtig assult? Is dit soos "geography"?

Kont-inuing education.