Tuesday, July 8, 2008

Doos.

Mense is dose.

Ek dink ek het dit al hier somewhere voorheen gesê, kannie onthou nie.

Mense is dose. En nee, ek sê dit nie net omdat ek weer Huisgenoot gelees het nie. Ek noem dit primêr na gelang van ‘n gesprek wat ek vandag met ‘n baie goeie tipe doos gehad het ; julle ken die tipe. Hulle waarmee jy oor die weg kan kom en in ander less complicated lewens meer saam kon wees…m.a.w. exceptional dose.

Maar wat ek weet, en lyk my nie baie ander mense weet nie, is dat mense dose is. Selfs ek, ja (wie sou dit kon sê??).

Feit is, iemand kan vandag en oor ‘n jaar en oor tien jaar baie nice en wonderlik en alles wees.

Maar face dit, oor tien jaar is daai ander doos wat jou lewe deel al hoogs irritated met jou. Of jy met die.

Why?

Ag want jy snork, jou poef stink, jy burp, jy drink, jy praat jou mond verby, jy stry, jy’t te min seks, jy’t te veel seks, jy wil altyd reg wees maak nie saak wat nie, jy’s nooit happy met niks nie al gaan alles goed in jou lewe …all and all, ‘n tipiese doos.

‘n Mens. En mense is dose.

Ek wens soms die lewe was ‘n game, sodat ek hier kon SAVE, die spesifieke wonderlike mens vat en saam lewe en oor vyftien jaar wanneer sy of ek doos ongelukkig is met die ander, vir haar sê: Sien jy, ek was toe reg!

Ek sou baie dinge doen net om te bewys ek was toe wel reg.

Vir die wat iets either meer morbied of meer cheery soek: Hier’s links na Britney Spears se kwak en die Huisgenoot sites onderskeidelik:
Once.

Tuesday, July 1, 2008

FEMALE-PEDOFIEL!!!!!!


Nou ander dag sleep ek die Huisgenoot nader want ek het niks anders gehad om te doen nie.

Right….ek lieg.

Ek was op die kakhuis en die ding was daar.

Waddefok? Jy sou ook.

Maar toe kom ek op hierdie briefie af in die “VRA dr. ADRI” gedeelte, en was verstom oor hoe mooi en bedaard die “Dokter” haar beantwoord.

Ek reken toe dis ‘n pot kak en besluit dan en daar om eerlik te wees met “TE OOP MA?”, want as ek nie gaan wees nie, wie gaan ?

TE OOP MA, ek vertrou jy lees gereeld Fokkengatvol se braak, want twee lewens hang daarvan af……

Hier volg die brief, en my opinie aan TE OOP MA:


SEUNS IN DIE BAD

“Ek en my twee seuns bad al saam vandat hulle gebore is. Hulle is nou nege en elf jaar oud. Ek en my man baklei deesdae hieroor, want hy voel ek moet dit nie meer doen nie.

Ek wil graag ‘n oop verhouding met my kinders hê waar hulle die vrymoedigheid sal hê om my enigiets te kan vertel.

My man dink hulle gaan eendag seksmaniakke word as hulle my aanhou kaal sien, maar ek glo ek is besig om twee gesonde jong seuns die wêreld in te stuur.

Wat dink jy?

TE OOP MA?

FOKKENGATVOL ANTWOORD

Liewe TE OOP MA.

Jy’s fokken mal, jou Pedo-slet.

Wieddefok bad saam met hulle kinders van daai ouderdom?

Sou jy dit gelaaik het as jou man elke aand saam met jou twee dogters van 9 en 11 bad, hê? Nee, jy sou seker vir Huisgenoot skryf en jou man gevolglik skei nadat die goeie “dokter” dit mention dat jou man ‘n potensiële fokken pedofiel is.

Jy is defnitief donners mal, jou physco-bitch!

Hou op agter die “opvoeding” ding skuil, en begin aanvaar dat jy ernstig fucked-up is. Nee, genuine. Vra jou man vir meer kinky kak want jy’s ernstig besig om van jouself ‘n moerse ass te maak. Jou dom-ass pedo.

Lekker bad jy saam met altwee, nê? Kyk lekker totties en geniet dit so as hulle na jou kaal lyf kyk, nê?

Fokken freak-pedo.

Ek reken persoonlik dose soos jy moet geskiet word, net vir die skade wat jy jou laities tot nou toe aangedoen het. En omdat jy onmenslik fokken dom is.

Baie liefde en sonnige dag vir jou !

Fokkengatvol (physical.GRT.FRIK.ensovoorts).

Terug....

Julle wonder seker hoekom ek so lank afwesig was.

Of nie.

In daai geval fok julle dan.

Kom Oom verduidelik: dinge gaan ook maar soms swaar tussen ‘n man en vrou, right? Daar is die gewone fights, dan is daar die erger fights, ensovoorts.

Die probleem is om haar liggaam so weg te steek dat jy ‘n vrye man kan bly, en dit vat maande om so iets te sort.

Eers moet jy Zimbabwe toe fok met al die verskillende liggaamsdele sonder om die gewone skerp en wakker Customs se agterdog te wek (ok, so R750.55). Dan moet jy die swart sakke met liggaamsdele (wat jy teen die tyd met vier blikkies Doom per dag moet spuit) verkoop. Vir kos. Lyk my daai ouens eet enige-iets, selfs BITCH-WENCH.

Om terug te kom oor die border is maklik vir R650.55….en twingteg ingevulde Zanu-PF stem briefies met verskillende details en fake, untraceable fingerprints.

So julle kan dink dit vat ‘n paar maande om ontslae te raak van ‘n probleem.

Gelukkig het ek en die Wench al ons probleme uitge-sort, tot ‘n mate. En dan was daar my pa se kanker scare, Meisie se usual siektes en die feit dat ek my gat af werk tussen deur als.

Maar Fokkengatvol is terug.

p.s. Doom is FOKKEN skaars in Zim.

p.p.s. Swart sakke is nie baie blood-proof nie.

Friday, February 22, 2008

My onlangse (free) interview met Bobbie Clay*

Ek: Welkom Bobbie.

Bobbie: Dankie, Fokkengatvol, ek is bly om hier te wees.

Ek: Ja. Ok. So, Bobbie, is jou hol nog seer?

Bobbie: Nee ou! My ma smeer hom elke aand goed roompies!

Ek: Jou ma? Ek dog jy’s verloof?

Bobbie: Ja, ek is, maar my ma vertrou nie die goose so lekker nie, check? Omdat sy bietjie jonk is en soms luister na..[kyk skelmpies oor sy skouer].. na ENGELSE musiek, dude!

Ek: Ek sien. Maar het jy nie ‘n chick preggies gemaak toe sy net sestien jaar oud was nie?

Bobbie: So? Sy was legal, was sy nie? En betaal nou nog elke maand vir daai fokken fout. Jirre as ek maar net ‘n kondoom aangesit het!

Ek: Nou wat is die kind se naam?

Bobbie: Hoeddefok moet ek weet?

Ek: I see. Ok. Nou vertel my bietjie van die sogenaamde “oom”. Watsenaam? Oja! Lewdy Pels*

Bobbie [met traantjie in oog, asof geoefen, on cue]: Check, dis soos dit. *snik* Ek was twaalf toe ek eendag by die oom gaan kuier het, ok? Want hy’t gesê hy het iets vir my. Toe gaan ek. En toe ek daar kom toe sit hy sy…sy…s……*snik*

Ek: Voël? Frik? Penis? Peester?

Bobbie: Nee man! Sy fokken HANDE! Toe sit hy sy fokken vieslike vuil hande op my mullet! Op my fokken MULLET man!!

Ek: O. Oookay.

Bobbie: Jy moet verstaan, my mullet was op daardie tyd vreeslik belangrik vir my. Ek meen AL my fans het my aan my mullet geken! Die hele Danville EN die Oosten Ster Tehuis vir Bejaardes! Ek het daardie ding elke aand gewas en die punte geteaze en gekam en koester.

Ek: Het jy nou net gesê “koester”?

Bobbie: Ja.

Ek: Bliksem.

Bobbie: Toe later begin hy dinge vir my sê. Dinge soos: “Bobbie, kom sit hier op my Kleuter-Peuter, toe ou grote?”, en dinge soos “Bobbie, kom suig hier aan my “Hestrie-Dwarslat”, groot man!”

Ek: En toe doen jy dit?

Bobbie: Waddefok anders kon ek doen ou?

Ek: Hoe oud was jy toe?

Bobbie: Ek weet nie, seker so sewentien, of agtien?

Ek: Waddefok?

…..

…

Ek: Bobbie.

Bobbie: Ja?

Ek: Jy’s ‘n dom fok.

Bobbie: Nee ek is nie! Ek is ‘n misverstaande KUNSTENAAR!

Interview terminated met Bobbie se hol volgestop met Caterpillar.

*Skuilname.

Wednesday, January 9, 2008

Feestyd se fokken moer man....

En daar sien nog ‘n feestyd sy gat. Dankie fokken tog.

Die enigste lekker ding van Desember is die stil paaie, wanneer elke tweede Gautenger sy tassie en sleepwa pak en fokkof Durban of Nylstroom toe.

Die res van die tyd is kak. Die malls is tot vervelens toe gepak met larnie, snotty ma’s en hul snotkop-Diesel-tanktop dogters opsoek na daai ekstra special speel ding vir pappie vir Chrismas. Shame, hy werk tog so hard!
Hard besig om briewe in die Beeld te pos oor die Bulls vs. Cheetahs. Hard besig om aan Rina Gee Raad in Huisgenoot te skryf oor sy impotensie en sy onmenslike seksuele obsessie met die huishulp; sy skuld gevoelens oor apartheid.

Shame, arme pappie.

Die ander slegte ding wat sy kop uitsteek is religious emails wat skynbaar die hele jaar wegkruip en ‘eens soos maggots op die dooie kadaver wat Kersfees is, kom feast.

So sit ek op 15 Desember by die werk. Dis stil. Doer iewers agter die leë waterstation hoor ek nog iemand tik. Ek sien daar’s mail en maak die ding oop.

“Kan iemand wat my actually ken so fokken stupid wees?”, wonder ek. Ek kyk na die naam en sien dis iemand wat my wel nie baie goed ken nie. With reason.

Subject Line: Sjoe!

A Letter From Jesus.

Waddefok? Ek maak dadelik die ding toe en moer hom amper in Deleted Items maar besluit on impulse om die ding tog te lees. Miskien om my self te martel, miskien om net nog ‘n hartseer blik op huminaty se doos-wees te kry. Ek vermoed dis om albei redes.

Nee, ek gaan nie die hele fokken ou briefie wat Jesus “self” geskryf het hier herhaal nie. Ek gee myself eerder ‘n hartomleiding met ‘n snoeiskêr. In HF.

Basically reken Jesus dat ons mense elke jaar met Kerstyd sulke wonderlike feeste het. Tafels gedek met kos en bome verstrooi van presente. En omdat ons hom nie in ons huise in nooi nie, invite hy sommer homself en staan dan unnoticed in ‘n hoekie en kry homself vreeslik jammer. Dit nou van die entiteit wat water in wyn verander, hoor?

Plaas hy die party bietjie opkikker met daaiselfde trick. Sien hoe lief het mense hom dan! Maar nee, hy moet tog staan en sulk want niemand gee hom ‘n drukkie of bietjie liefde nie.

Aan die einde van die briefie belowe hy ‘n moerse nice party wat hy vir homself en sy bible-huggers gaan gooi en noem ook dat jy as leser genooi sal word indien jy tog net die email aanstuur vir almal in jou fokken mailbox.

Jissis...

Dis duidelik dat die skrywer van die email (ek wet enige bible-hugger daar buite dat dit nie, in fact, Jesus self was nie!) op simpel, dom, patetiese skapies se arme emosies wou speel. Dis moontlik dat die skrywer either Amerikaans of ‘n uiters getroue Huisgenoot en Beeld leser is.

Ek persoonlik wens dat die skrywer agter die fieslike email eintlik Deon Maas is, en wanneer jy die mail print, op ‘n sekere manier vou, die sigbare stuk vertaal in Latyns en agteruit lees, daar gaan staan: Poena is toe Koning!