Wednesday, February 28, 2007

Fashion Police!!.....Yo!

Ek en fashion is nie maats nie. Soos in boggerol. My sense van fashion is n' broek, dit mag jeans wees dit mag khaki wees, CATS en n' hemp wat redelik gemaklik drapeer, nie ingesteek nie en dit moet n' kraag hê. En dis dit. My hare sny ek af en toe moertoe gone (nie omdat ek bles raak nie, sommer maar net......fok jou.) en soms skeer ek, ander kere nie. Hang af hoe ek voel die dag.
Maklik.

Egter, reken ek in my infinite wisdom (lees baie wyn); fashion het deesdae vir baie mans n' probleem geword. Gone is die dae wat n' man net kon dra wat de moer ookal gemaklik was, en kon lyk soos wat de moer ookal hy wou lyk, solank hy net manlik lyk.

O nee, deesdae moet die hare net só wees, die klere nog meer (soms minder) só en bliksem ou maat, daai skoene MOET by iets, iewers pas. Al is dit blou skoene met pienk polkadot kolle soos slopperige paintball shots daarop gemoer.

Vandag se mans is pansies.

En dis als chicks se skuld. Julle wil mos die snotkop bliksempies laaik met die FHM voorgeskrewe (lees homosexual / metrosexual) kleertjies. Dit gee hulle rede om so aan te trek.

Maar dit daar gelaat.

Chicks is erger.

My meisie van twee en n' bietjie (hereafter referred to as Meisie) het defnitief my tipe fashion sense gekry, aangesien sy vanmiddag toe ons by die huis kom n' moerse show opgesit het om n' sonneblom geel hempie met sonneblom prentjies daaop aan te trek, gepaard met n' donker blou broekie sowel as die baie belangrike pienk pantoffels.

En vir my het sy heel cool gelyk. Baie 'The Fifth Element' style gemeng met 'Vyfster' subtiliteit.

Excellant!

Wench het natuurlik rooi in die gesig geword van fashion-beroerte, soos daai laaste keer toe iemand by haar werk n' geel sweetpak broek met rooi plakkies en n' snot-groen hempie aangehad het.

'Dit lyk kak!' was haar woorde.

'Wie de donner dra sweetpak broeke werk toe?' was my natuurlike vraag.

Staatsdiens.

Anyway.

Meisie was heel ingenome met haar kleertjies.

Wench het vergeefs probeer om telkemale n' kombers oor haar te gooi, maar toe Meisie dit die heeltyd afruk het sy gesettle om n' karton doos oor haar eie kop te sit.

Meantime het ek Meisie geleer om rooisand-klonte te gooi na al die FHM skool laaities wat in die straat verby geloop het.

Sy't nie veel raak gegooi nie toe help ek maar.

Hel, die laaities kan darem nog hardloop, alhoewel die handjies maar flap-flap hier langs die kante.

Klomp pissies.

No comments: