Ek kon nog nooit mense se obsessie met 'sterre' verstaan nie. Regtig nie.
Elke liewe fokken dag die afgelope paar dae moes ek my self vas staar aan die simpel, dom, fucked up, snot vretertjie, dikgat kakhuis, patetiese Britney en haar fokken Tshabalang-related, malkoppie antics.
Vir wat?
WIE het gesê ek stel belang om te lees hoe dom en simpel die klein kak is? Haar musiek suig. As ek haar gesig sien kry ek n' skielike gier in my om myself n' totale tand oorplasing sonder drugs te gee. Of vir haar. Ja, eerder vir haar.
En haar nuwe hair style pla my nog minder. Soos in, WIE DE MOER GEE OM?
Die enigste rede hoekom ek die kak moet lees is omdat fokkers daar buite (gewoonlik teeny-boppers in hulle Deisel tank tops en skril fokken stemmetjies) so belang stel in die kak.
Maar my groot vraag is die:
Watse teeny-bopper ken JY wat die Beeld lees? Hê? Hulle lees mos ander kak, nie waar nie?
Die Beeld is vir groot mense, nie snotkop strontjies nie.
Regtig Beeld, fokken pik by.
Asseblief.
Thursday, February 22, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment