Saturday, January 20, 2007

Va selfone en Wenches

My Meisiekind van twee is reeds besig om elke kans wat sy kry n’ selfoon te gryp en op te pipe: “Emant dah?” in die kleinste fynste stemmetjie en ag fok, kyk, hierdie pappa is al klaar soos n’ stywe, oud en geroeste guitar-snaar om haar pinkie gewend.

Tipies vroumens though, om al op daai ouderdom op telefone rond te neuk. Ek meen, alle wenches, wat is tog so snaaks aan n’ telefoon? Die goed bestaan al vir honderde jare en julle ken al die mense waarmee julle elke dag praat al vir twee honderd jaar, so wat de fok nou, hoekom nog meer met hulle praat?

Ek ken n’ klerk van n’ hof wat permanent op haar telefoon sit. As ek daar aankom om kak te gesels of net my moerse sexy bierpens toegespan in my moerse sexy hempie vir haar te kom wys, lê sy op die donnerse telefoon! En praat met mense. Nie oor werk nie, o nee, private mense, soos haar ma of sussie of haar ma se nefie se bediende se kleinkind.

Hoekom wil julle Bitches so baie praat?

En dans daar my Ou Ryperd, die wench in my lewe. As ek haar bel om net iets vinnig uit te vind, soos bv. ‘Wat eet ons vanaand, vleis-en-rys-en-aartappels met n’ bietjie tokkelolwol skuur as Meisie gaan slaap het, of takeaways met n’ bietjie vy inlê as Meisie gaan slaap het?’*, praat sy incessantly oor ander kak nadat ek al lankal uit gevind het wat ek wou! Fok man! Ek stel nie nou belang in daai bliksem in jou afdeling wat jou afpis nie, of dat jou nael gebreek het nie, of dit beter is om Vanish of Omo te kry nie, of dat jy dink jy’s laat nie….uhm, ok, daai een is belangrik, maar you get die drift en shit, right? **

n’ Selfoon is net n’ kamera/ stopwatch/ personalized calendar/ modem wat ook toevallig oproepe kan maak, en ek sou julle beter verstaan het as julle actually met die gadgets rond gespeel het, om, ek weet nie…. fokken foto’s te neem, die tyd te neem wat dit my vat om n’ 350ml Castle te down, afsprake te maak vir birth control inspuitings of op die internet rond te surf vir die goedkoopste 7600 GT graphics kaart.

Maar nee, julle bel mos net! On average betaal mens R3000 vir n’ selfoon deesdae, maar julle bel net op die donnerse goed?

Met wie fokken praat julle so baie? En hoekom?

Daar’s al geredeneer bitches praat so baie want as hulle nie baie praat nie moet hulle breins begin werk, en dan raak hulle aan die slaap.

Ek scheme dis kak. Bitches praat so baie van julle is vol kak. Period.

Wat? Wat hoor ek? Bitches wat moan dat hulle nie vol kak is nie?

Jammer om van julle kak te hoor.

Bel iemand.



*En ons het toe nie een van die twee gedoen nie want Meisie het besluit om (tipies vroumens) haar eie kop te volg en hier styf agter pappa se rug te kom inkruip. Ja, dankie my skat, pappa is lief vir jou ook maar is dit nodig om my van die fokken bed af te lê?*

** Daar is nie n’ nuwe Gatvollertjie op pad nie, dis net gedramatiseer vir jul lesers -genot. Of fokken iets. Moenie so fokken nuuskierig wees nie.

No comments: