Wednesday, July 11, 2007

'n Ope brief aan my kollega

Liewe Kollega
Gaan dit goed met jou? Het jy 'n lekker dag gehad, daar by jou tafeltjie?
Ek is bly, want my dag was effe kakkerig. En ek't jou te danke daarvoor. So:
Dankie dat jy vanoggend; toe ek by die kantoor instap, effe geïrriteerd met die lewe, mense en alle ander wesens wat asem haal; die hele tien meter vanaf jou tafel tot by myne geloop het om my te kom irriteer.
Dankie dat jy agtergekom het ek het my mosterd-geel corduroy baadjie aan wat my ma vir my gemaak het en wat soveel so onmenslik windgat lyk dat ek hom omtrent nooit aantrek nie om mense soos jy se kommentaar te vermy.
Dankie dat jy hier agter my tafel een van jou infamous dans passies kom dans het en met jou simpel rasper stemmetjie die volgende sinnelose rympie nie een keer nie, maar TWEE keer vir my kom braak het:
"So mooi jas! So mooi jas! Ons almal het mooi jasse aan!"
Nou wat beteken dit? Want ek verstaan nie? Wou jy vir my sê ek het 'n mooi jas aan? Hoekom?
Het ek na jou tafel toe geloop en gesê jy lyk soos die hond se gat in jou swart en pienk sweetpakkie?
Nee!
Het ek my broek kom aftrek en DIE FRIK teen jou agterkop geslaan terwyl ek ritmies gechant
het:
"Jy lyk kak! Jy lyk kak! Ons almal dink jy lyk kak!"
Nee, ek het nie, het ek?
Ek't maar net gedink ons sort dit gou uit, right?
Liefde en groete
Fokkengatvol
p.s. Fok jou

1 comment:

Anonymous said...

Fokken briljant...

Kan dit nogal gebruik hier by ons kantoor