Friday, May 18, 2007

Suur Fronse...





Die Wench hou van sepies.

Okay. Ek aanvaar dit, so oraait dan.

Maar dit gebeur soms dat ek toevallig daar voor die TV sit en niks anders het om te doen nie en dan kyk ek maar saam.

Wat? Dis aanvaarbaar deesdae. Ons het dan nou same-sex-marriages en als.

Anyway, so ons kyk toe ander aand en wie daag toe op in 7 de Laan? Niemand anders as ou Steve Hofmeyer nie!

Great!

Ek was een van sy grootse fans in agter elke man. Mind you, ek was drie of iets op daai stadium maar my ma het van hom gehou toe volg ek maar pas, want ek was stupid.

En ek let toe die volgende op:

Steve charf die jong blonde joernalis met intense fronse en skrefies oë.

Blonde joernalis vee haar gat aan hom af met blonde flair en Paris Hilton air-headedness.

Blonde loop uit.

Leidende, donker musiek speel terwyl Steve na die kamera toe draai, en dan trek hy n' gesig.

Jy't die gesig al baie gesien, dink so bietjie:

As daai Ridge ou in Bold na die kamera toe draai trek hy sy mond asof hy nou net n' baie suur nartjie geëet het.

As daai Ou-Toppie-Drol-Met-Die-Dubbel-Ken (ook in Bold) na die kamera toe draai trek sy mond asof hy nou net dieselfde suur nartjie geëet het, maar gedip in asyn.

As Steve na die kamera toe draai in die Laan frons hy asof iemand hom sopas met n' krieket kolf in die skrotum (eiers vir die ouens in Danville met MTN-wap) gemoer het.

Jy kort n' suur nartjie Steve, asseblief! Gaan vra op Loftus, jy's mos gereeld daar om te "lip sinc".

Drol....




Thursday, May 17, 2007

Demon Rider!



Hier bo is n' bike wat ons vir Meisie gekoop het toe sy omtrent n' jaar oud was.

Die goed is excellant om oor te val in die donker, om jou permanente rug krampe te gee omdat Meisie net sowat 10cm op n' slag ry en dan moet jy haar stoot, en excell om baie vroeg oggende, wanneer jy besig is om Doom 3 te speel en n' fucked up Demon grom hier agter jou voor jou op die screen, sommer van self te begin praat.

"What do you want to do today?" vra die ding net wanneer die dertig voet demon soos n' ballet danser glad nie sou nie hier voor jou inspring opsoek na jou virtual bloed en guts.

'Come out and play!" net wanneer die possesed fokker met die bloated maag daar om n' draai, langs die rooi explosive barrel HHHHHNNNNNNRRHHHHGGGG grom.

En n' "Hello! What's your name?" wanneer jou computer afgeskakel is, die lig is af en jy's oppad kamer toe in die stikdonker huis.

En dan wonder Wench hoekom ek so nervous wreck is.

Ek haat die fokken ding.