Monday, February 5, 2007

“You make the kak for us, we take away Escom and Telkom and SARS accounts, okay? Hau!”

Dit word al hoe meer en meer duidelik dat ons nie, soos wat ons gedink het, in n’ demokratiese land lewe nie.

Dis n’ pot kak.

Die ANC is besig om n’ MATRIX op ons te pull, en alhoewel meeste van die comrades in ons government te fokken dik is om in n’ rabbit hole te pas, is dit wel duidelik dat ons besig is om in n’ relatiewe groot sinkgat in te moer. Almal van ons.

Ek meen, kyk net na die onlangse “FNB-gate” skandaal, waar ons high ranking government FDC’s soos hul primate counterparts van ouds op die arme First National Bank neergesak het en hulle met tipiese primitiewe yet doeltreffende piesang en kak slinger gemaan het om tog nie met hulle anti-crime campaign voort te gaan nie.

En dit dan na die tyd ten sterkste te deny. Ek meen, hoe kon ons OOIT gedink het hulle het die FNB actually gedreig? Hoe kon ons gedink het die marxist terroriste wat voorheen sonder skroom onskuldige mense opgeblaas het ooit tot sulke tactics kon revert? Hoe KON ons?

Ja, right, nadat die FNB R20 miljoen spandeer het op hul crime campaign besluit hulle om sommer maar net die hele ding te los. Net so.

Hier’s n’ transcript van n’ interview wat ek net na die hele bom gebars het, met n’ verteenwoordiger van FNB gehad het*:

Fokkengatvol aan FNB: Hoekom het julle die hele campaign om Thabo se naam so effe gat te maak oor die crime situasie in Suid Afrika, net so gelos? Is julle fokken gedreig en shit? Is julle fokken mal?

FNB: Nee, nee, ons het maar net besluit ons is nie lus om voort te gaan met die hele ding nie, dis al, ok? Ons was net nie fokken lus daarvoor nie. Ons gaan nou ons volle aandag vestig op die boil op ons CEO se linker boud, want dit is meer in line met ons positive outlook en die algehele corporate strategy wat ons vir die bank het. Jy weet, vir die toekoms en goed?

Fokkengatvol: Uhm. Ok. Right.


En die ergste is dat ek vir n’ feit WEET dat sommige mense wat die kak hierbo sou lees, nie n’ fokken clue het waarvan ek praat nie.

Dis jammer.

Miskien is dit tog beter om fokkol te weet nie….Vat dan maar die blou pil, of was dit die rooie?


Cheers.

*Ek lieg, hoor?

No comments: