Die Wench is in die hospitaal sodat hulle haar working parts kan uithaal en sodat ek nie meer hoef uit te trek voor die tyd nie. Doctors' orders en so.
Okay dan.
Meisie slaap maar langs my op ons bed in die aande. Gisteraand vir die eerste keer, nog three to go.
Ek reken dit moet 'n peuter-game wees om jou pa so veel keer as moontlik gedurende die aand te skop. Geen plek waar haar voetjies bykom word gespare nie.
Rug, maag, ballas, boude, et al. Been there and got the shit kicked out of it.
Ek is ook seker sy sit deur die dag by die kleuterskool en brag in daai sinister peuter taal van hulle hoe sy haar pa moertoe geskop het die vorige aand. Dan sit sy en haar trawante en lag gevolglik baie lekker, stowwerige snot streep wangetjies wat bult van evil laughter voor hulle ingeroep word klas toe vir 'n mooi storie en nap time.
Okay dan.
Ek het haar favourite spoeg doek weggesteek vanoggend voor ek by die huis uit is.
Wie's nou die bitch, Wench jr.?
Once.
Wednesday, September 5, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment