
Dis nie asof mens tyd het om alles in die lewe te doen wat jy graag wil doen nie.
Maar tussen deur die gewerkery, familie geleenthede, aandag aan Meisie gee, Ghost Recon Advanced Warfighter (fokken moeilike game daai), speeltyd met die Wench (wanneer ek nie hoofpyn het nie) en al die ander nietighede wat my besig hou deur die loop van my dae, het my liggaam die afgelope week besluit dis nou die ideale tyd om n' erge allergie vir seekos te ontwikkel.
'Ek meen, why bloody not?' het my liggaam sekerlik gereken en aktiveer toe summier n' erge allergie vir seekos. Sommer fokken net.
Doos.
En toe kom die jukkery, die aanslag op my mensdom, my unieke wese en ja, ook my ass crack...
Van agter my ore march die uitslag soos n' weermag van fyn-klein tamaties oor my vel tot agter my rug, waar dit voortgaan om blitzkrieg aanvalle op en om my maag uit te voer, recce sorties onder my arms te perform en oor die algemeen soos dronk fokken soldate voort te bliksem.
Maar dit stop nie daar nie, o nee.
Sniper sessies aan en om my genitalieë (dis eiers/ ballas/ knaters vir die ouens in Daspoort met Polkadot) is beoefen, en om sommer net spiteful te wees, net om te wys wie is wel die ERGE ALLERGIE, is daar ook deep-undercover-penetration-maneuvers in my ass crack uit gevoer. Op die mees ongeleë tye, wanneer dit moeilik is om te krap, moelik sonder om soos n' self-centred moffie met n' itchy vinger te lyk.
Krap krap juk juk
So twee dae hiervan toe suiker ek dokter toe.
'Jy't 'n oënskoulike allergie teen iodine', reken tannie dokter, amper ingenome, net voordat sy my n' kortisoon inspuiting amper, maar nie heeltemal, glad nie naby die bo punt van my ass gee nie (figure dit uit, dis maklik).
krap juk krap juk
'Issit? Wragtig?!', reken ek kennilik, so asof ek weet wat iodine is.
'Ek dink so, ja. Vermy maar liefs enige seekos met skulp in die vervolg, drink die pilletjies drie keer n' dag en bel my as en wanneer jy 'n ereksie kry.'
juk krap juk krap
Dis wat sy gesê het.
Genuine!
Ja, ok.
Eet maar lekker julle seekossies, hoor?
Bliksems.

No comments:
Post a Comment