Thursday, February 15, 2007
Poef is nie vir Sissies nie...
Ek het n' meisie van twee en n' bietjie, die mooiste kind in die hele wêreld. Sorry nê, maar jou kind kom nie naby aan myne nie. Ek het haar al gaan noem in my vorige braak. Sy's my lewe. Sy en die Wench.
Anyway, ons het al vir Meisie getrain om self te gaan poef, en pieppie. So toe sy nou die ander dag in haar klein fyn stemmetjie voor al die kuier gaste proclaim dat sy gaan poef, het ek met trots en n' swelling op my hart vir haar gesê: "Ok my skat."
Sy't my egter met haar blou ogies en skril stemmetjie gevra om saam te gaan, en al was ek in die middel van n' hewige gesprek rakende Zuma en sy Marxist comrades het ek my bier net daar in my ander hand gesit, Meisie se hand gevat en saam met haar gestap.
Prioriteite.
Ek het eers omgedraai en n' nuwe vol bier gaan haal. Die poef sessies vat lank.
Anyway.
Al smilend het sy op haar potjie gaan sit. Die potjie bestaan uit n' wit stoeltjie met arm rests en n' gat in die middel. Die gat is daar om in te poef of pieppie. Fok julle is dom!
Ons het so oranje bak om al die goodies te vang en die kan dan uitgehaal word om leeg te maak, gewoonlik deur die Wench want ek het ander goed om te doen, soos om nie te kots nie.
So daar sit sy toe, en druk. Ek het na n' rukkie paniekerig die portable brand blusser aangevra so rooi was sy in die gesig. En ek kan met moerse trots getuig dat my kind groter myne uitdruk as jou average olifant. Pappa se kind!
Na n' rukkie toe haar gesig na normale kleur terugkeer staan sy op en gryp die kakpapier en vee saggies, maar heeltemal mis, af. Pappa se kind!
En dis met die ingooi van die poeferige papier dat iets my as vreeslik odd en afskuwelik tref.
Die oranje bak was nie op sy baie belangrike strategiese posisie nie. Die oranje bak het op die wasbak gestaan waar Wench hom vroër die dag uit gewas het.
Meisie het op die mat gepoef.
Fok?
'WEEEEEEEENCH!!!!!'
Daar's n' tipe les hier iewers, of nie? Ek's nou te naar om daaroor te dink.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

2 comments:
Ek het ook al op die mat gekak, en een keer in die gang toe my sussie en ek bal gespeel het met mekaer. En ek kan dit onthou.
Ek moes self die kak afwas.
Met 'n lappie.
Ek het amper gepuke.
Uhm, ok.
Post a Comment