Wednesday, February 28, 2007

Papier brand vinniger as ek.....


Hier is n’ foto van n’ evacuation procedure plakkaat wat langs die lift by die werk opgeplak is.

Soos julle kan sien het ek by punt drie n’ nice, rooi, WADDEFOK? aangeteken, n’ klein indikasie van my verassing toe ek die teken sien.

Hoekom? wonder julle sekerlik.

Dink so bietjie daaraan:

In die geval van n’ brand kan jy sekerlik verwag dat daar n’ hele klomp paniekerige bliksems gaan wees wat oor enige iemand sal trap net om eerste by die deur uit te wees, veral in die staatsdiens wie se werknemers amper eksklusief uit blinde mense; mentally impaired mense; vetgat bitches en zotters bestaan.

Selfs op plekke waar normale mense werk gaan daar grootskaalse paniek wees.

Maar wag so bietjie, hoor? Voordat jy paniekerig raak, voordat jy die blinde, dikgat zotter bitch hier voor jou op die trappe agter op die ass skop omdat die vlamme al hier aan jou eie ass begin lek, tel eers daai papiertjie op en bêre hom, ok?

Ja, daai een wat daar op die grond lê. Bêre hom. In jou tafel se laai sommer, ok? Asseblief.

Wat? Ons het net hout tafels in ons kantoor? Wat de moer maak dit saak? Daai notice by die lift het gesê bêre die papiere, so fokken bêre dit net asseblief

Ja, ek weet die hout tafels met die papiere daarin gaan nog vinniger brand, maar dit maak nie fokken saak nie, ok? Teen daai tyd is ek al lankal uit die fokken gebou uit.

‘Skuus? Wel ek weet nie, jy moet seker maar al die papiere bêre, die notice sê mos as dit moontlik is pak al die papiere weg, so maak sommer my tafel ook skoon. Dankie nê?

Daarsy, laat ek net my R1250 pierre cardin horlosie hierso mooi in my laai toesluit, en sommer my nuwe Nokia (fok die laai is vol donnerse papiere), en dan kan ons maar gaan.

Daarsy.


Don’t panic.

1 comment:

Webmaster said...

Het jy nie geweet nie - "filing" is belangriker as jou lewe - jy moet dit ten alle koste doen. Jou luigat! Ons sal die gebou aan die brand steek om te sorg dat jy dit doen jou dom poepol! :)