Margate: 1997
Iewers op die rotse
'Jissis! Ou! Is jy oraait?' skreeu ek op Doos*.
'Eina! FOK!' moan Doos. 'Waar's ek?.......Mamma?'
'Ek's nie jou ma nie, fok! Kakhuis!** Kom help man!', gil ek paniekerig.
'Huh?', ooze 'n stem van ander kant die enigste bossie-befokte duin.
'Mamma?' peusel Doos se stemmetjie weer aan die rotswande.
'Ek sê kom help etter! Kakhuis!', gil ek weer verskrik.
Later in die hospitaal vra Doos se pa my: Nou waddefok gaan hier aan mannetjie? Wat ruik ek? Drank! Waar was julle? Wat het gebeur? PRAAT MAN!!'
Ek en Kakhuis kyk verdwaas, skamerig af. Kakhuis pomp my in die ribbes om iets te sê.
Ek begin toe verduidelik, want Doos se pa ken my beter. Hy't dan daai tyd al vir my 'n Bennie en Hennie gegee daai keer wat ek en hy op die klippe in die bos gesit het terwyl Doos 400m vêrder sy eerste bokkie berkruip het.
En ek verduidelik toe glad nie naastenby die volgende nie:
Margate: 1997
Vroeër die aand.
Iewers in n' pub.
'Trek aan jou fokken hemp laaitie!', skreeu so kaalkop gespierde bliksem van die deur af op my.
Nonchalant sit ek my bier op die rand van die pool tafel neer en kyk minagtend in die gespierde bliksem se rigting, so asof ek wil sê: Maak my, maar sê niks want ek het noggie 'n vaste werk nie en kan gevolglik nie sy hospitaal kostes dra nie.
Die gespierde bliksem kyk my terug aan. Sy linker tiet-spier rol soos n' lui kat onder n' bicep uit.
Sy regter tiet-spier skrik vir die linker tiet-spier en rol summier onder n' ander bicep in.
Ek dink weer en reken dis nie die moeite werd nie. Regte manne soos ek steur my nie aan sewe voet gespierde etters nie. Ek trek maar my hemp aan voordat ek my mind change en die ou tog bliksem.
Doos kyk in my rigting, 'n Chesterfield wat Elvis-style by sy mond uit peul.
'Ko' ons fokkof, toe? Ek's nou gatvol vir die plek.'
Ons kyk al twee vir Kakhuis. Hy los n' oomblik die dik chick wat hy iewers opgetel het se komeet grote ass om ons vlugtig sy volle aandag te gee.
'Ja, ek dink ons moet eerder fokkof want netnou bliksem Fokkengatvol daai sewe voet bouncer met tietspiere soos n' sak vol lui katte.' meen Kakhuis sy mening.
'Presies wat ek gedink het.' sê ek.
Toe fokkof ons.
Stop by n' shebeen iewers in 'n shady deel van die kusdorpie en koop 'n kas Castle.
Stry oor wie wat betaal het en wie skuld vir wie wat. Ek kry 'n ekstra Castle uit die gevolglike deal uit. Ek is n' fokker op daai manier.
Ry so rukkie rond met NONO NOOONONO NOOONOOO THERE'S NO LIMIT! wat doef doef agter uit Doos se Conquest uit wat pappa hom gekoop het toe hy agtien geslaan het.
Ons voel cool.
Ons IS cool.
Die fokken manne. 24-7 Coolness.
Na 'n rukkie kom ons egter agter dat niemand anders, veral nie sexy jong bokkies met groot tiete en vakansie-verkeerde gedagtes, ons baie cool vind nie. In fact oral kyk gepsierde kaalkop bliksems met hot chicks ons aan asof ons dweebs is.
Doos en Kakhuis moes my inhou daai aand.
Wel, fok hulle dan, reken ons later. Hulle weet nie wat hulle mis nie. 24-7 cool ouens are hard (to come by).
Ons stop op 'n verlate stukkie strand (mens kon dit nog doen daai tyd sonder om deur 20 primates gerape te word), vat ons Castles en suiker af rotse toe om diep dinge te gaan gesels.
Na 'n rukkie se heavy argumente oor wat 'nothing else matters' regtig beteken en Kakhuis besluit dis nou die tyd om doer agter die enigste bossie-befokte duin te gaan kots.
Hy doen dit toe ook. Strompel oor bossies en duine en ons sien net stofwolke soos hy ander kant neer bliksem. Hy't nog nooit baie grasie gehad met enige iets wat hy aanpak nie, stem ek en Doos onderlangs saam. Lag ook lekker.
Maar dit was nie vyf minute later nie, toe ek en Doos nog sit en stry oor iets simpel maar wat eintlik draai om die grote van ons onderskeie dicks, en hy verdwyn soos die skim hier voor my!
Nou's hy daar. Nou's hy weg!
Ek kyk verdwaas rond. Vat 'n sluk bier. Kyk weer verdwaas rond.
Loer versigtig oor die lysie waar Doos laas gesit het en sien twee dowwe wit oë doer onder vir my terug loer.
'Jissis! Ou! Is jy oraait?' skreeu ek op Doos.
------------------------------------------
Doos het van die rotse af gebliksem daai aand, omtrent die hoogte van n' huis se dak na die grond toe. Sy been lekker fucked up geval.
Hy was maar nog altyd 'n doos op daai manier, sou ek later besef. As een van ons vriende seer gekry het, het hy altyd die ergste seer gekry. Soos daai een keer wat hy deur die skool op sy 50 gejaag het en homself moertoe geval het oor 'n ketting in die pad en hoe sy pappie en mammie die skool gesue het.
Dis net hy wat sy been kon breek op sy eie matriek vakansie. 'n Tipe unintentional drama queen, of iets.
Later jare het ek Scummyside toe getrek en hy't by sy pappa en mamma aangebly en soos ons studies en lewens uitmekaar beweeg het, sou ek hom later net een keer per jaar sien. Met belastingopgawe tyd.
Een jaar het ek net nie weer my telefoon op getel nie.
Kakhuis het my een aand, in 2001 of 2002 in 'n pub in Hatfield daarvan beskuldig dat ek sy goose gecharf het.
Ons het nog nooit weer gepraat nie.
Mense is dose.
*Doos - 'n Skuilnaam van 'n ou wat ek van kleuterskool reg deur matriek geken het en wat later 'n doos uitgedraai het. Sy ouers was toevallig ook in Margate (in 'n ander vakansie huis as ons cool ouens) met ons matriek vakansie.
**Kakhuis - nog 'n skuilnaam van 'n ou wat ek van kleuterskool reg deur matriek geken het wat later 'n IT consultant geword het vir R25 'n uur en 'n tipiese kakhuis uitgedraai het nadat hy sy eerste meisie in 2001 of 2002 ontmoet en spyker.

2 comments:
dude.
Jy skryf fokken funny. Ha-ha funny, nie soos mank loop of iets nie.
Dit was nou 10 minute well-spent.
Hello chick in japan.
Baie dankie vir die kompliment.
Ek loop mank soms, omdat my kind my in die knaters slaan met speelgoed. Ek't ook nie snaaks gevind nie.
Meisie (my halwe meter lange blonde kop skat, wil ook dankie sê:
hhhjhh.
Post a Comment