En daar sien nog ‘n feestyd sy gat. Dankie fokken tog.
Die enigste lekker ding van Desember is die stil paaie, wanneer elke tweede Gautenger sy tassie en sleepwa pak en fokkof Durban of Nylstroom toe.
Die res van die tyd is kak. Die malls is tot vervelens toe gepak met larnie, snotty ma’s en hul snotkop-Diesel-tanktop dogters opsoek na daai ekstra special speel ding vir pappie vir Chrismas. Shame, hy werk tog so hard!

Hard besig om briewe in die Beeld te pos oor die Bulls vs. Cheetahs. Hard besig om aan Rina Gee Raad in Huisgenoot te skryf oor sy impotensie en sy onmenslike seksuele obsessie met die huishulp; sy skuld gevoelens oor apartheid.
Shame, arme pappie.
Die ander slegte ding wat sy kop uitsteek is religious emails wat skynbaar die hele jaar wegkruip en ‘eens soos maggots op die dooie kadaver wat Kersfees is, kom feast.
So sit ek op 15 Desember by die werk. Dis stil. Doer iewers agter die leë waterstation hoor ek nog iemand tik. Ek sien daar’s mail en maak die ding oop.
“Kan iemand wat my actually ken so fokken stupid wees?”, wonder ek. Ek kyk na die naam en sien dis iemand wat my wel nie baie goed ken nie. With reason.
Subject Line: Sjoe!
A Letter From Jesus.
Waddefok? Ek maak dadelik die ding toe en moer hom amper in Deleted Items maar besluit on impulse om die ding tog te lees. Miskien om my self te martel, miskien om net nog ‘n hartseer blik op huminaty se doos-wees te kry. Ek vermoed dis om albei redes.
Nee, ek gaan nie die hele fokken ou briefie wat Jesus “self” geskryf het hier herhaal nie. Ek gee myself eerder ‘n hartomleiding met ‘n snoeiskêr. In HF.
Basically reken Jesus dat ons mense elke jaar met Kerstyd sulke wonderlike feeste het. Tafels gedek met kos en bome verstrooi van presente. En omdat ons hom nie in ons huise in nooi nie, invite hy sommer homself en staan dan unnoticed in ‘n hoekie en kry homself vreeslik jammer. Dit nou van die entiteit wat water in wyn verander, hoor?
Plaas hy die party bietjie opkikker met daaiselfde trick. Sien hoe lief het mense hom dan! Maar nee, hy moet tog staan en sulk want niemand gee hom ‘n drukkie of bietjie liefde nie.
Aan die einde van die briefie belowe hy ‘n moerse nice party wat hy vir homself en sy bible-huggers gaan gooi en noem ook dat jy as leser genooi sal word indien jy tog net die email aanstuur vir almal in jou fokken mailbox.
Jissis...

Dis duidelik dat die skrywer van die email (ek wet enige bible-hugger daar buite dat dit nie, in fact, Jesus self was nie!) op simpel, dom, patetiese skapies se arme emosies wou speel. Dis moontlik dat die skrywer either Amerikaans of ‘n uiters getroue Huisgenoot en Beeld leser is.
Ek persoonlik wens dat die skrywer agter die fieslike email eintlik Deon Maas is, en wanneer jy die mail print, op ‘n sekere manier vou, die sigbare stuk vertaal in Latyns en agteruit lees, daar gaan staan: Poena is toe Koning!

2 comments:
Hello. This post is likeable, and your blog is very interesting, congratulations :-). I will add in my blogroll =). If possible gives a last there on my site, it is about the CresceNet, I hope you enjoy. The address is http://www.provedorcrescenet.com . A hug.
Dankie, jou blog het sopas my dag gemaak. Kanniemeerlag!! Wag in antisipasie vir die volgende post.
Post a Comment