- Daai eerste, swarterige, donker groen poef wat jou kind gee net na geboorte is normaal. Dit het ook 'n wetenskaplike naam (wat ek nie nou kan onthou nie en te lui is om op te gaan opsoek, maar dit begin met 'n "m"). Dit is toe nie genaamd: "Waddefok-is-daai-swart-shit" soos wat ek aanvanklik gedink het nie.
- Die mite dat vrouens onmenslik lus raak vir groot wors hier in die sewende maand van hul swangerskap is toe; tot my erge onsteltenis en finansiële verlies aan addisionele porn; 'n klomp kak.
- Dit is wetenskaplik bewys (deur my) dat 'n kind jou met hulle nuwe langwerpige speelgoed in die eiers kan slaan.
- Moenie vir jou kinders langwerpige speelgoed koop waarmee hulle jou in die eiers kan slaan nie.
- Kinders het ook rooi bloed.
- Moenie vir jou kind 'n miniatuur (baie pienk) fiets koop as haar kop nog nie eers bo die seat uitsteek nie. Sien punt 5.
- Kinders argumenteer anders as groot mense. En volwassenes. Voorbeeld? Ek: 'Daai IS 'n volstruis, Meisie.' Meisie: 'Nee! Issie! Dit poppogaai!' Einde van argument.
- Kinders hou van Barney. Oor. En oor. En oor. En oor. En oor EK HAAT DAAI FOKKEN PERS BLIKSEM!
- Moenie vir jou kinders Barney koop nie, hulle martel jou daarmee.
- Shrek is ook 'n vorm van martel. Na die dertigste keer. In 'n week.
- Klein, halwe meter blonde kop meisies met blou ogies en mooi gesiggies hou daarvan om; veral pappas; om hul vingertjies te draai. En dan te martel. Met Barney.
- Kinders hou van martel.
- Kinders hou van hospitale. Waar Barney DVD's nie van sprake is nie.
- Crayon prentjies van lang strepies en halwe sirkels kom wel van wit kombuiskaste af, na 'n uur of so se geskroppery.
- Halwe meter blonde kop meisies hou van pienk. En Barney. En 7de Laan. Wys jou vrouens se slegte smaak begin al vroeg.
Ek sal nie my meisie vir enige iets in die wêreld verruil nie. Sy rule.

2 comments:
Jou punt twee is tien ten een net in jou geval so gewees, maar sekere mense kan vertel dat daardie mite juis waar is!! Wel, by skere mense....praat van ondervinding!!!
Barney.... yeah!!!! Myne raak opgewonde as hy per ongeluk sy verskyning op die kassie maak, maar kla gelukkig nie as dit weer vinnig verander word nie!!! NOG NIE!! Sal seker nog kom!
Het probeer om Barney en Winnie the Poo te vermy maar toe kry hulle komberse met Winnie en Barney by Oupa en Ouma en 'n Barney en Baby boo (of so iets) van 'n anner Tannie!!! NEEEE!!!! Klaar ingesluip!!
Hello *Spikkels*
Ek wou jou antwoord oor punt 2, maar toe wandel my oog en sien "Barney".
Toe kry ek 'n stroke.
Post a Comment