Friday, July 13, 2007

Cher(ing) Chewbacca!

Ek het 'n vriend. Hy's harig. Baie harig, behalwe vir so stukkie bo op sy kop. Dis net pienk. Soms bloed rooi as ons effe te lank in die son staan en bier drink.

Hy's redelik lank. Die gevolglike resultaat is dat hy soos Chewbacca van Star Wars faam lyk. Behalwe dat Chewbacca meer hare bo op sy kop gehad het.

Die vriend se bynaam is gevolglik Chewie.

Chewie het een oggend by die werk besluit hy wil voel hoe voel dit om gay te wees, want sy seks lewe het effe agteruit geloop a.g.v. die reeds genoemde kaal patch op sy kop. Of so het hy geglo. Ek vermoed dis omdat hy soos Chewbacca lyk, maar ek't niks gesê nie. Want selfs lelike ouens het gevoelens.

Toe besluit Chewie om 'n vir 'n hele uur gay te wees.

Hy's soms snaaks op daai manier.

Mind you, ek het niks teen gays nie, behalwe dat hulle mekaar se totties suig en in die poeppers doen, wat pretty disgusting is. But live and let live, right?

Ja.

Wat egter die seerste maak is dat Chewie nie een keer gedurende daai uur; en ons het baie gaan rook en praat oor sy gayness, en sy gevoelens nou dat hy gay is; 'n move op my probeer trek het nie.

Ek weet nou dat hy nie meer gay is nie praat ons nie meer oor ons gevoelens en goed nie, soos regte manne, maar:

Is daar iets fout met my?

Is dit my ligte bierpens?

My gwarrygat-groen-soos-wanneer-jy-te-veel-spenasie-geëet-het-die-vorige-aand-groen-en-bruin oë?

Ek was, soos jul self kan dink, redelik dejected.

Ons is steeds vriende, nou dat hy nie meer gay is nie, maar die pyn sal altyd by my bly...

...totdat ek sien hy lyk soos Chewbacca. Dan's ek bly hy's nie meer gay nie. Of dat hy sy harige pote op my ass wou sit nie.

Huh?

p.s. Chewie het toe nie rowwe protected of unprotected seks met 'n ander man gehad gedurende daai uur nie. Hy sê dis omdat daar nie baie ander gays by die werk is nie. Ek't gereken hy praat kak want ons werk vir die staatsdiens. Die staatsdiens is gay op daai manier.





3 comments:

Anonymous said...

Arme Chewie.... Bly ek weet darem nou waar die naam vandaan kom. Altyd gewonder!!!

Anonymous said...

Gaan lees bietjie na by www.urgentmessage.co.za.

Anonymous said...

fokkengatvol.blogspot.com is very informative. The article is very professionally written. I enjoy reading fokkengatvol.blogspot.com every day.
fast loans
payday loans canada